HOOFSTORIES: •   Man in hof ná mesaanval   •   Huismoeder van kinderhuis in hof ná vuishou   •   Nuwe speaker en hoofsweep gekies   •   Massapatrollie verhoog sigbare polisiëring   •   Sirens blaring during police chase   •   Nuwe baadjie vir GPF   •   Inwoner sterf in vliegongeluk   •   Mookgophong in duister gelaat   •   Wees versigtig vir dodelike 'zombiedwelm'   •   Verdagtes verdwyn met vuurwapens   •   N-nommerplate nou onwettig op SA-paaie   •   Brief: Mugabe se bedanking welkom   •   Biblioteek kry groot skenking   •   Klein Hansies bedank vir prestasies
 

 
 

 

Nuwe Ford Figo is waarde vir geld


   04 November 2016   l   Paul Smith    l   Views: 260   l   12 months ago  

 

Die Ford Figo is aan die goedkoop kant van die mark en kan met baie kleiner motors meeding. Foto: Quickpic.co.za


Die vorige Ford Figo, wat ’n ou Fiesta met ’n nuwe baadjie was, het verseker dat Ford se verkoopspersoneel vir ’n paar jaar Kersbonusse kon kry. 

Dié Fordtjie se prys veroorsaak dat hy aan die goedkoopkant van die mark met baie kleiner motors meeding en die ware mededinging het eerder van Volkswagen se duurder Vivo en Toyota se Etios gekom. Hierdie klas motor, wat verder ook die Sandero insluit, is presies wat ons mark wil hê: goedkoop motors wat genoeg ruimte vir ’n jong gesin het, ekonomies is om te bestuur en te onderhou en genoeg krag onder die enjinkap het om die langpad mee aan te durf. 

Met ’n redelike prysaanpassing het Ford sy staatmaker buksie met die nuwe Figo uit Indië vervang. Die nuwe Figo is nie meer ’n ou Fiesta nie, maar ’n trotse model op sy eie. Die stilering is eie aan Ford en pas uitstekend in by die res van Ford se produkte. Daar is steeds ’n petrol- en dieselkragbron beskikbaar, maar Ford het die 1.4’s van die ou modelle met ’n kragtiger 1.5 liter vervang. Die diesel is 50 kg ligter as sy voorganger, maar spog met ’n allemintige 215 Nm en 74 kW. Die petrolmodel is self redelik astrant met 82 kW en 136 Nm. Soos die 80’s se Escourts kan intree Fords deesdae weer “spin”. 

Die binneruim is prakties en ruim. Die 256 liter bagasieruim verseker dat die naweek se bagasie sal inpas en met al daardie krag kan ’n vakansie gerieflik aangedurf word. Die agterste sitplek deel in twee wat verseker dat die bagasieruim vergroot kan word terwyl ’n passasier steeds agter kan sit. Die elektriese kragstuur verseker dat enjinkrag nie vir stuur gemors word nie terwyl geraas baie mooi in toom gehou word. Die gerieflike sitplekke voel dik en sag, maar ondersteuning kan dalk te min wees vir die langpad.  

Hoewel die toerustingvlak oor die algemeen goed is, spog die Titanium modelle met Ford se uitstekende Sync-sisteem wat stemherkenning vir die klankstelsel moontlik maak. Trend-modelle het darem steeds Bluetooth. 

Teen R170 000 vir die Ambiente en die duurste model se R213 000 bied die Figo aanvaarbare gehalte in ’n ruim bak met enjins wat nie kan wag om gery te word nie. Toyota se Etios voel in vergelyking oud en swak toegerus terwyl die stewiger Yaris se enjins nie by die Figo kan kersvashou nie. Dit is moeilik om ’n meer gebalanseerde produk teen sulke pryse te identifiseer. 

  • Paul Smith is ’n motorliefhebber, gesinsman en eienaar van die Spur op Bela-Bela. Hy is verantwoordelik vir Die Pos se maandelikse motorbylae.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories