HOOFSTORIES: •   Dorpe vir 'Dorp van die Jaar' benoem   •   Munisipaliteit soek hul geld terug!   •   Sluit van dienssentrum heroorweeg   •   Voormalige kaptein sterf aan hartaanval   •   Roodekuil-verdagte aangekeer   •   'Abandoned' police barracks a cause for concern   •   Kabeldiewe rig groot skade aan   •   Stinkstorie op Bospoort   •   Trotse eienaar van kieries leer by sy pa   •   Letter: Mayor has no answers for Bela-Bela   •   Plaaslike kunstenaar se werke ook oorsee bekend   •   Mamba verruil dorpslewe vir berge   •   Water crisis under control   •   Live life healthy   •   Laerskool vier halfeeu
 

 
 

 

i10 Grand — ’n model op sy eie


   04 November 2016   l   Paul Smith    l   Views: 158   

 

Die nuwe Hyundai i10 Grand.


Hyundai se i10 het ’n sterk naam vir die Koreaanse vervaardiger gevestig. 

Die i10 is egter ’n baie klein motortjie en waarskynlik te klein vir gesinsgebruik. Met Hyundai se puik reeks luikrugmotors het hulle die potensiaal vir ’n model tussen die i10 en duurder i20 gesien. Die i10 Grand is nie bloot net ’n langer i10 nie, maar eerder ’n model op sy eie — hulle kon hom dalk ’n i15 genoem het. 

Daar is slegs drie variante beskikbaar en al drie is met Hyundai se 1,25 liter enjin toegerus. Hierdie klein enjin spog met puik tegnologie wat goeie verbruik en voldoende krag met bogemiddelde betroubaarheid kombineer. Die padgeraas pla ’n bietjie, maar die rit is stewig en Hyundai het baie werk verrig aan die stewigheid van die bakwerk. Die motortjie is vinnig genoeg en hanteer maklik. 

Die binneruim is besonder goed afgewerk en skep waarskynlik die beste indruk van enige motor in sy klas. Materiale voel na kwaliteit; alles is goed afgewerk en die panele pas presies. Die goedkoopste model spog met allooiwiele, Bluetooth, stuurwielkontroles, misligte en selfs ’n rekenaartjie. Daar is ook ’n outomatiese model beskikbaar, maar ’n deeglike toetsrit word aanbeveel aangesien die 64 kW ’n bietjie te min is om die outokas behoorlik op te wen en dit voel asof die motortjie heeltyd in die verkeerde rat is.  

Met puik afwerking, goeie waarde vir geld en ’n besonder hoë toerustingvlak verdien die 1.25 Motion ’n plek op die kortlys van enige koper wat minder as R200 000 wil bestee.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories