HOOFSTORIES: •   Inwoners jaag rowers deur sentrum   •   Kyk uit vir pers toilet   •   Sakeondernemings trek swaar   •   Vragmotors by tolhek aangeval   •   Gemeenskap laat rower op sy herrie kry   •   Goeie bemarking kan dorp help   •   Trokke 'n kopseer vir sakelui   •   Vigsraad op die been gebring   •   Alleged illegal workers arrested   •   Tuinvullis kan inwoners stywe boetes besorg   •   Slangvanger maak prostese vir diere   •   Straatligte brand dag en nag   •   DIY: Huis, paleis, pondok, varkhok   •   Mookgophong reg vir Bokkieweek
 

 
 

 

Nuwe motorontwerpe bekendgestel


   07 October 2016   l   Paul Smith    l   Views: 226   l   8 months ago  

 

Die Lexus NX200 spog met ’n kragtige enjin.


Een van die voordele van die motorlandskap aan die punt van Afrika, is ons blootstelling en die beskikbaarheid van motors van regoor die wêreld.  

Die Amerikaners bring vir ons brullende kragmotors soos die Mustang. Europa sorg vir stylvolle, sjiek stadsmotors en brullende sportmodelle, dink Ferrari, Maserati en Lamborghini terwyl Japan seker maak dat verkeersbeamptes en maatskaplike werkers met rygoed soos wit Corollas en Nissan-bakkies spog. Jip, ongelukkig is Japan nie verantwoordelik vir ’n oordosis testosteroon in die motorbedryf nie. Daarom is dit juis verfrissend dat Japan onlangs twee van die aantreklikste nuwe ontwerpe bekendgestel het. Die Lexus NX en die nuwe Honda Civic.

Met R620 000 kan ’n Lexus NX200 bestel word. Die afwerking voldoen aan Lexus se puik standaarde, maar die familieverbintenis met Toyota bly duidelik sigbaar. Lexus het ’n turbo-bron van 2.0 liter in die NX maak pas en petrol word met presisie deur ’n elektroniese inspuitingstelsel direk in die suier gespuit. Hierdie tegnologie lewer ’n gesonde 175 kW en 350 Nm wat die klein nutsvoertuig tot 100 km per uur binne 7.1 sekondes laat versnel. Met slegs 185 mm grondvryhoogte is die NX nie bedoel om te veel van die elektroniese 4x4-stelsel gebruik te maak nie, maar dit is nie waarvoor hy gemaak is nie. As ’n RAV4 of iX35 net nie sal deug nie en daar lê dalk ’n paar ekstra randjies rond, kry gerus een.

Dan het Honda ons verras met sy nuwe Civic. Honda het met die vorige twee Civic-ontwerpe al gewys dat hulle graag uniek wil wees en hierdie keer het hulle dit reggekry. Daar is net 1.8- en 1.5-turbomodelle beskikbaar, maar albei is ’n goeie keuse. Die sedan se ontwerp is effens minder radikaal as die luikrug en sal meer byval in die volwasse mark vind. 

Honda se ontwerpers het so hard aan hierdie motors se buitelyne gewerk dat hulle blykbaar skoon van die ratkas vergeet het. Net ’n CVT-outomaties is beskikbaar. Teen ’n intreeprys van R330 000 is dit jammer dat so ’n aantreklike motor soos ’n strykyster bestuur.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories