HOOFSTORIES: •   Reën veroorsaak skade; dam nog leeg   •   Sakke dagga gevind   •   Jong leerder vergruis kakebeen ná val   •   Grond op Vaalwater onwettig betree   •   Kontrakteur sê hy is omkoopgeld gevra   •   Afriforum maak dorp skoon terwyl werkers staak   •   Inwoners keelvol vir dienslewering   •   Liggiehuis lok van heinde en ver   •   Munisipale skuld moet beter bestuur word   •   Disabled people also need a future   •   Brief: vat inwoners vas oor vullis   •   Eskom krag-krisis afgeweer   •   Twee renosters buite Vaalwater gestroop   •   Quick recovery after reports of stolen vehicle   •   Organisation to equip youth with skills
 

 
 

 

Ry 4x4 in die Oos-Kaap


   02 September 2016   l   Paul Smith    l   Views: 251   l   15 months ago  

 

Foto ter illustrasie.


Hier in die Noorde is mense lief vir 4x4-roetes — veral eienaars van Hilux-bakkies en Cruisers.

Die Bosveld-omgewing bied natuurlik heerlike geleenthede om hierdie gewilde voertuie deur hul “passies” te sit. Baie veldryers het natuurlik ook al die natuurskoon van Suid-Afrika se buurlande verken en hulle vertel graag stories oor Mosambiek se slegte paaie, Namibië se duine en Botswana se olifante.  

Sneeu is egter iets wat baie Waterbergers nog net op TV gesien het en daar is min Cruisers in die omgewing wat al werklik koud gekry het.

Tiffindell in die Oos-Kaap is natuurlik Suid-Afrika se enigste ski-oord en een van die min plekke in die land waar sneeu gereeld gesien kan word. Sneeu is ’n bekende verskynsel in dié gebied tydens die wintermaande en daarom bied Tiffindell-ski-oord volhoubare ski-geleentheid vir liefhebbers van dié sportsoort. 

Die Volunteershoekpas en Carlisleshoekspruitpas tussen Rhodes en Tiffindell bied ’n heerlike sirkelroete, maar met ’n gradiënt van tot soveel as 38º is dit nie bedoel vir sissies nie. In die somer kan ’n 4x4 met ’n laetrek-ratkas vir hope pret sorg, maar as dit gesneeu het, is sneeukettings nodig om die mengsel van modder, ys en sneeu baas te raak.

Die 600 m afgrond langs die pad bied natuurlik genoeg motivering om van kettings gebruik te maak. In die pas kan sneeu ’n goeie halwe meter dik lê en in die berge selfs tot 5 m ophoop. Temperature in die omgewing het al so laag as 22ºC onder vriespunt gedaal en deeglike voorbereiding is daarom nodig indien hierdie paaie in die sneeu aangedurf wil word.

Die diesel wat mens in Suid-Afrika aantref, hou natuurlik nie van koue temperature nie en ’n Hilux-eienaar kan dus vind dat die diesel te dik is om by die enjin uit te kom. 

Stolla Stoltz, ’n 4x4-instrukteur van Bela-Bela, het al 4x4-opleiding in sneeutoestande aangebied en mense kan hom vir meer inligting kontak by tel. 062 120 9695.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories