HOOFSTORIES: •   Skok ná nog ’n selfdood   •   Stropers loop hul vas   •   Sentrum wemel van polisie ná vals alarm   •   Goeie nuus vir Salusoord-inwoners   •   Leeustropers slaan weer toe in Vaalwater   •   Hoë tariewe reggestel   •   Rowers teiken weer winkel in hoofstraat   •   "Ons bring werksgeleenthede" sê myn   •   Diewe teiken hoërskool   •   Weg met mishandeling!   •   Tuinmaak is terapeuties   •   Burgemeester deel sukses-wenke   •   Atlete sweet tydens strawwe driekamp
 

 
 

 

Fiat stel nuwe Mitsubishi bekend


   05 August 2016   l   Paul Smith    l   Views: 249   l   12 months ago  

 

Die nuwe Mitsubishi Triton word nou as ’n Fiat bemark en staan as ’n Fullback bekend.


In ’n motorbedryf wat onder druk is, besef vervaardigers wêreldwyd dat die nutsvoertuig- en bakkiesektore toenemend meer gewild raak. 

Verskeie vervaardigers het die afgelope jaar hul voorneme om die bakkiemark te betree, bekend gemaak. Die meeste handelsmerke se pryse kook reeds in die kompakte nutsvoertuig-afdeling. Fiat-Chrysler wou natuurlik nie graag op hierdie koek uitmis nie en met die aggressiewe houding van Fiat se grootbase, het hulle reeds in 2014 hul plan bekend gemaak om Mitsubishi se nuwe bakkie ook as ’n Fiat te bemark. 

Mitsubishi se boeke klop deesdae nie juis nie en Fiat is sedert die vorige dekade se finansiële krisis die motormaatskappy wat graag sukkelende vervaardigers “help”. 

Chrysler is juis deur Fiat opgeslurp as deel van ’n reddingspoging toe die Amerikaanse reus nie sy rekeninge kon betaal nie. 

Mitsubishi sê dat hulle weens die swak rand eers die nuwe Triton nog ’n rukkie vir ons gaan wegsteek, maar hul nuwe vriende by Fiat het nie op hulle laat wag nie. 

Die Triton met ’n Fiat-kenteken noem ons nou ’n Fullback. Mitsubishi weet hoe om bakkies te bou, maar hulle verkoopsyfers vergelyk ongelukkig nie goed met dié van Ford en Toyota nie. 

Aan die anderkant het Fiat sekerlik nie hul Chrysler-aandele met Suid-Afrikaanse geld gekoop nie. Fiat se ontwerpe is opwindend en hulle bougehalte is goed, maar Italiaanse-motors verkoop nie hier nie. Fiat-produkte verloor boonop hul waarde vinniger as die rand ná ’n Zuma-toespraak. 

Wat die slimkoppe dus laat besluit het dat die vol fiemies Suid-Afrikaanse bakkiekopers ’n Fiat een tonner nodig het, sal net hulle weet. Die Fullback is ongetwyfeld ’n puik produk wat verdien om goed te doen, maar sy Fiat-naam gaan vir seker nie enige slapelose nagte onder Toyota-verkoopspersoneel veroorsaak nie. 

* Paul Smith is ’n motorliefhebber, gesinsman en eienaar van die Spur op Bela-Bela. Hy is verantwoordelik vir Die Pos se maandelikse motorbylae.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories