HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Wetsgehoorsaamheid is belangrik


   13 April 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 1   l   7 days ago  

 


Karel Niewenhuis, adjunkprovinsiale leier: Vryheidsfront Plus, skryf:

Deursigtigheid, as ’n sleutelbegrip in Suid-Afrika se politieke arena, word lukraak deur politici gebruik sonder om uitvoering daaraan te gee. 

Die inwoners van ’n munisipale gebied is daarop geregtig om van die binnewerking van ’n munisipale raad kennis te dra. Dit is slegs moontlik indien raadslede bereid is om oor die werksaamhede in die raad verslag te doen. 

Die VF+ is daartoe verbind om die ore en oë van inwoners te wees, hulle op die hoogte te hou van die besteding van hul swaarverdiende belastinggeld, asook van enige ongerymdhede. 

Deursigtigheid is die enigste manier om selfverryking en korrupsie aan die lig te bring. In ’n samelewing met hoë etiese stan-daarde kan die eerbaarheid van amptenare as vanselfsprekend aanvaar word. On-gelukkig is dit nodig om onder die huidige bedeling druk op amptenare te plaas om bo verdenking op te tree. 

Om uitvoering te gee aan die VF+ se man-daat op plaaslike bestuursvlak, bring ek die volgende onder inwoners se aandag:

* Afdeling 23(9) van die Wet op Plaaslike Bestuur bepaal dat senior bestuurders nie verlof mag ophoop of vergoed word vir opgehoopte verlof nie. Nieteenstaande het die munisipale bestuurder en ’n senior bestuurder van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit verlof laat ophoop. Daar was twee maande gelede geen geld vir salarisse beskikbaar nie, maar dié twee amptenare is geldelik vir opgehoopte verlof vergoed. Hierdie aangeleentheid word tans deur die Openbare Beskermer ondersoek. Dit sal van die munisipale raad afhang of daar tug-stappe gedoen word. 

* Nadat ’n vakante betrekking vir die pos van die munisipale bestuurder geadverteer is, is die kortlys van aansoekers opgestel en daarna ’n besluit geneem. Deur blatante be-drog te pleeg, het ’n amptenaar egter ná die sluiting op die kortlys verskyn. 

Minagting van die Wet op Plaaslike Be-stuur soos hierbo uiteengesit, maak van wetgewing ’n bespotting. Deur sulke grow-we vergryp, word gesag ondermyn en die stelsel geërodeer. Die belangrikheid van wetsgehoorsaamheid kan nie genoeg be-klemtoon word nie — dit is dikwels al wat tussen orde en algehele chaos staan. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories