HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Ondersoek dié grondgrype


   29 March 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 9   l   22 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Jaco Mulder, VF Plus-provinsiale leier: Gauteng, skryf:

Die EFF se betrokkenheid by onlangse grondbesettingpogings in Gauteng moet ondersoek word.

Dit volg nadat sowat 1 500 mense tydens twee afsonderlike gevalle grond van die Universiteit van die Witwatersrand naby Marlboro-weg in Johannesburg probeer beset het en later ook by die luukse Waterfall-landgoed in Midrand.

Die polisie het vyf mense in hegtenis geneem weens opsetlike saakbeskadiging en kon in albei gevalle die skare stuit nadat die grondeienaars ’n hofbevel verkry het.

Talle mense geklee in EFF-drag het in albei voorvalle prominente rolle tydens die verrigtinge gespeel. Julius Malema, leier van die EFF, is op rekord dat hy telkens tydens openbare geleenthede ’n beroep op mense doen om grond van hul keuse te identifiseer en te beset.

Indien die poging tot besettings die direkte gevolg van Malema se oproepe is, behoort die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) die EFF te ondersoek en tot verantwoording roep.

Die etiese gedragskode waaraan geregistreerde politieke partye hulself in Suid-Afrika onderwerp, verbied uitdruklik taalgebruik en optrede wat kan lei tot geweld en die oortreding van landswette.

Die VF Plus-leierskap sal die aangeleentheid verder ondersoek en toesien dat die nodige stappe gedoen word om verdere soortgelyke voorvalle te verhoed.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories