HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Wat van Malema se haatspraak?


   16 March 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 50   l   35 days ago  

 


Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, skryf:

Die Menseregtekommissie (MRK) moet verantwoordelikheid neem vir die opruiende rassistiese uitsprake, haatspraak en opsweping tot geweld van die EFF-leier Julius Malema weens die MRK se jarelange versuim om teen Malema op te tree, selfs nadat die VF Plus verskeie formele klagte teen Malema ingedien het.

Malema het onlangs weer neerhalend verwys na adv. Paul Pretorius SC, hoof van die regspan wat adjunkhoofregter Raymond Zondo aangewys het as deel van die regter-like kommissie van ondersoek na staats-kaping. Malema het gesê dit is jammer dat ’n “wit man” in dié posisie aangewys is.

Veral oor die uiters sensitiewe grondkwes-sie, maak Malema gereeld in parlementêre debatte die uitlating dat blankes swart mense vermoor en hul grond gesteel het.

Die VF Plus het oor die jare reeds verskeie klagte teen die EFF-leier by die MRK inge-dien. Een daarvan in 2016 toe hy volgelinge aangehits het om blankes van hul grond te verjaag en die grond te beset.

Met die aanloop tot die 2014-verkiesing het die VF Plus verskeie klagte van haat-spraak by die MRK, die Openbare Besker-mer (OB) en die Onafhanklike Verkiesings-kommissie (OVK) ingedien aangesien daar wetlike voorskrifte is waaraan politieke partye moet voldoen. 

Sulke uitlatings is verdelend en het die potensiaal om ’n bloedbad te veroorsaak indien mense in groot getalle gehoor gee daaraan. Dit is daarom verstommend dat die MRK nie teen Malema optree nie terwyl dit bekend is dat hulle vinnig optree en swaar strawwe oplê in gevalle waar blankes rassis-tiese uitsprake gemaak het.

Die grondkwessie het die potensiaal om konflik te veroorsaak as gemoedere onnodig aangejaag word. Dit is daarom uiters sorg-wekkend en betreurenswaardig dat die MRK en die OVK verkies om weg te kyk terwyl die leier van ’n politieke party uit sy pad gaan om rasseverhoudinge in die land te verongeluk.

Die VF Plus sal in gesprek met die MRK tree in dié verband en ’n beroep op hom doen om die klagte na behore te ondersoek.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories