HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Dankie vir die spanpoging


   09 February 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 26   l   3 months ago  

 


Sarna Groenewald, DA-raadslid vir wyk 12, Modimolle skryf:

Ek wil elkeen wat ons ondersteun het en geduldig was tydens verlede week se krisis met die krag, water en munisipale staking op Modimolle bedank.

My opregte waar-dering aan die muni-sipale werkers wat tydens die krisis ge-kies het om die probleme te probeer oplos en nie ook deelgeneem het aan die wegbly-aksie nie. Jones Madisha, hoof van die elek-triese afdeling, en jou span, baie dankie. 

My opregte dank ook aan ons water- en sanitasie-afdeling wat sonder enige huiwering dadelik gehelp het om watertrokke te reël. ’n Spesiale dankie aan die bestuurder en helper van die watertrok wat Bosveldsig van water voorsien het. Dié twee mans het letterlik honderde houers vol water gemaak en help aandra — heeltyd met ’n vriendelike, behulpsame gesindheid. 

Ons het tydens dié paar dae verskeie uit-dagings beleef. Dit was egter verblydend om te ervaar hoe die Modimolle-gemeenskap betrokke raak en hul ondersteuning en hulp aanbied. Jaco Vosloo, baie dankie dat jy jou masjinerie tot ons beskikking gestel het. Dankie aan elke inwoner wat in enige hoedanigheid betrokke geraak het. Dankie aan elke persoon wat ek kon bel om hulp te vra. ’n Baie spesiale dankie aan die lede van die gemeenskap wat ons teen 20:00 kom help gate grawe het tot in die vroeë oggendure.

Dankie aan ons burgemeester, Marlene Van Staden, en die speaker, Dingaan Mots-wene, wat tot laatnag saam met my besig was. Dit was voorwaar ’n spanpoging!

As die DA is ons verbind tot diensle-wering, maak nie saak hoeveel uitdagings oor ons pad kom nie.

In ons poging om dienslewering te verbe-ter, het ons ’n WhatsApp-groep gestig wat spesifiek op diensleweringskwessies fokus. 

U is welkom om vir my privaat ’n WhatsApp-boodskap te stuur indien u wil hê ek moet u op die groep byvoeg. My kontaknommer is tel. 079 074 3614.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories