HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Hervestiging van myngemeenskap teengestaan


   09 February 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 71   l   3 months ago  

 


Philip van Staden, AfriForum: Naboomspruit-takvoorsitter, en Jaco Grobbelaar, AfriForum: distrikskoör-dineerder in Limpopo, skryf:

Die burgerregte-organisasie AfriForum se Naboomspruit-tak het saam met ander rolspelers in die gemeenskap die herves-tiging van ’n myngemeenskap naby Mookgophong suksesvol teengestaan. 

Dié aksie is in April 2014 geloods toe die Rustenburg Platinummyn ’n aansoek gebring het om die gemeenskap te hervestig met die doel om die myngebied te vergroot.

AfriForum het voorgehou dat die LIM 368-munisipaliteit nie genoegsame infra-struktuur en hulpbronne het om die ge-meenskap van die nodige dienste te voor-sien nie. 

Dienste soos krag en water, asook infra-struktuur soos paaie, sal nie op volhoubare wyse aan die nuwe gemeenskap voorsien kan word nie. Die aansoek sou ook mee-bring dat mense uit ’n tradisionele woon-gebied na ’n gevestigde kommersiële landbou-omgewing hervestig sou word. Boere in die omliggende omgewing sou negatief deur dié hervestiging beïnvloed word.

Van Staden meen dat die hervestiging van die gemeen-skap na die LIM 368-gebied ’n uiters negatiewe impak op die dorp sou hê. Die munisipaliteit sukkel reeds om aan die huidige behoeftes van die dorp en gemeenskap te voorsien. 

Dit is baie onwaarskynlik dat ’n reeds sukkelende munisipaliteit nóg ’n ge-meenskap van volhoubare dienste sou kon voorsien.

Volgens Grobbelaar is hierdie juis die rol wat ’n burgerregte-waghond moet vervul. As die burgery nie hierteen opgetree het nie, sou die myn die munisipaliteit net nog verder in die skuld gedompel het.

Die saak is op Woensdag 24 Januarie deur PlanCentre, wat die myn met die aan-soek verteenwoordig het, teruggetrek.

  • Hou Die Pos dop vir meer inligting oor dié saak. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories