HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Krag, waar is jou einde?


   02 February 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 13   l   3 months ago  

 


Gawie Richter, Bosveldsig, Modimolle, skryf:

As skoolseuns was daar altyd die vraag: Wie kan ’n sak mielies van 205 lbs (95 kg) dra? 

Ons ouderdomme het gewissel van 12 tot 16 jaar. 

Gedurende die veertigerjare het daar twee sterk tannies in Thabazimbi geboer. Tant Sarie Terblanché het naby Dwaalboom gewoon en tannie Van Aarde naby die Groot Marico-rivier. Vir hierdie twee was dit ’n grap om ’n sak mielies op ’n spoorwegbus te laai om gemaal te word. 

Toe ’n vriendelike bode my verlede week wou help om 5 kg kunsmis met ’n trollie na my voertuig te stoot, was ek verstom. Sy woorde was “Eish! Dit is te swaar om te dra!”

Nou wonder ek of ons kinders in die ou dae so sterk was, of het mense net sleg geword? Dit herinner nogal aan die spiere wat op ’n rugbyveld draf, maar nooit ’n wedstryd wen nie. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories