HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Onderwysstelsel is in groef


   26 January 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 15   l   27 days ago  

 


Adv. Anton Alberts (VF Plus-voorsitter) en dr. Wynand Boshoff (VF Plus-provinsiale leier: Noord-Kaap), skryf:

Suid-Afrika se basiese onderwysstelsel met sy verlaagde standaarde is bloot te gebrekkig om leerders na behore voor te berei vir naskoolse opleiding en dit plaas ’n demper op die uitslae van die 2017-matrieks wat pas aangekondig is.

Ons wens die suksesvolle leerders nogtans namens die VF Plus geluk met die uitslae en vra die onsuksesvolles om nie moed op te gee nie en om alles in die stryd te werp om met voortgesette pogings wel hul matriekeksamen te slaag.

Daar is veral drie groot leemtes wat leerders van die huidige stelsel benadeel: Matriek is vir die meeste leerders die kwalifikasie waarmee die beroepswêreld betree word, maar tog word daar nie op beroepsvaardighede gefokus nie. Onderwys word ook toenemend gesentraliseer om die ANC-ideologies te dien. Dit marginaliseer almal wat na beter strewe. 

In die plek van die Gautengse-onderwysminister se voorstel van groter sentralisering in die aanbieding van matriekeksamens, stel die VF Plus groter keusevryheid voor. Skole moet daarvolgens ’n geldelike bewilliging van die regering ontvang, wat gebruik kan word om óf by die departement van basiese onderwys, óf by een van die onafhanklike eksamenrade (IEB of SACAI) in te skryf.

Afrikaanssprekende matrikulante, veral in provinsies soos die Noord- en Wes-Kaap, word ook toenemend deur die hoëronderwysbedeling in die steek gelaat. Pleks daarvan dat hoëronderwys na ander inheemse tale uitgebrei word, word ’n misplaaste weergawe van regstelling gedoen deur Afrikaans op daardie vlak met Engels te vervang.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories