HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Raadop oor munisipale klagtes


   12 January 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 47   l   3 months ago  

 


Daleen Steynberg, Bela-Bela, skryf:

Die afgelope paar maande was ’n nagmerrie op Bela-Bela ná al die klagtes wat ingestroom het. 

Ek weet nie of dit weens die presidentsverkiesing van die ANC was dat daar so min reaksie van ons munisipaliteit was nie. 

Daar was soms klagtes wat meer as ses keer per dag aan hulle gestuur is. Ek het byvoorbeeld waterlekke (waaroor die munisipaliteit kastig vreeslik bekommerd is) aangemeld.

Ek het dieselfde boodskap met die klagte aan hulle gestuur, maar niemand het blykbaar geweet wat die probleem is nie. Die burgemeester het dieselfde SMS ontvang en my later gevra wat die probleem is en ek het hom toe verwys na my vorige SMS. Het die munisipaliteit dan geen personeel wat bystand verleen nie? 

Ag nee wat, ons inwoners sal werklik moet besluit of hulle so gaan aanploeter of mekaar gaan ondersteun en ons misnoeë wys.

Kragonderbrekings is aan die orde van die dag, water loop die hele dorp vol, stopstraattekens word nie vervang nie, slaggate word met grond gevul, daar word niks aan die straatname gedoen nie en straatligte is buite werking of brand die heel dag lank.

Tot op hede het ek geen terugvoer ontvang oor klagtes wat maande gelede al aangemeld is.

Kan ek enige raad kry van wat ek kan doen om dinge te bespoedig? Elke klagte wat ek SMS, word ook aan die burgemeester gestuur. Hierdie mooi dorp van ons het beter gekwalifiseerde persone nodig om die dorp te laat floreer, want daar is soveel potensiaal.  

Indien lesers enige hulp of raad het, bel my asseblief by tel. 074 199 7338. Ons kan moontlik spanne bymekaar kry om te wys wat gedoen kan word, soos op Modimolle. Ons sal dalk ten minste die dorp se slaggate kan herstel.  

Ons dorp was tydens die Desember-vakansie baie besig en ek het my geskaam om deur die dorp te ry en te sien hoeveel mense na straatname soek. 

Dit is absoluut verregaande en moet aandag geniet.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories