HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Spoedgrense is verwarrend


   12 January 2018   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 8   l   9 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Jan Greeff, Bela-Bela, skryf:

Die spoedgrens op die R101 tussen Bela-Bela en Pretoria is ’n tipiese voorbeeld van padtekens wat motorryers rasend-raadop maak.

Tussen Bela-Bela en Hammanskraal was die spoedgrens tot onlangs 120 km/h, wat na my mening effens hoog was vir hierdie pad. In die tweede helfte van 2017 is die 120 km/h-borde verwyder en is nuwe borde aangebring: Vanaf Bela-Bela in die rigting van Radium is die spoedgrens 80 km/h en in die teenoorgestelde rigting is dit 60 km/h. Van Radium tot in Pienaarsrivier en andersom is dit 60 km/h, maar by die ingang na Radium is dit 80 km/h. Van noord na suid by Mantsole is dit 60 km/h en van suid na noord 40 km/h. 

Na my beskeie mening is dit belaglik om die perk oornag van 120 na 60 te verlaag. Om dan boonop op dieselfde trajek verskillende snelhede in die teenoorgestelde rigting aan te dui, is nie aanvaarbaar nie. Die algehele gebrek aan opheffings vererger die verwarring, aangesien motorryers deurentyd moet probeer raai wat die spoedgrens is en waar opheffings geld.

Die spoedgrens wat nou op die R101 tussen Hammanskraal en Bela-Bela geld, is blykbaar hoofsaaklik 60 km/h, terwyl dit op die Hammanskraal-Pretoria-gedeelte, wat in ’n soortgelyke toestand is, maar minstens tweemaal die verkeersvolume dra, 100 km/h is.

Motorryers wat die R101 tussen Bela-Bela en Pretoria gebruik behoort saam te staan deur konsekwent spoedboetes wat op daardie pad opgelê word teen hierdie agtergrond in die hof te betwis.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories