HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Vat inwoners vas oor vullis


   15 December 2017   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 12   l   37 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Kobus van der Merwe, DA-raadslid, Bela-Bela, skryf:

Daar is ’n hele aantal inwoners van Bela-Bela wat nou ook bydra tot die ontsiering van die gemeenskap. 

Daar kan nie net van die munisipaliteit alleen verwag word om die strate en omgewing skoon te maak en skoon te hou nie. Dit is skokkend om te sien hoeveel mense eenvoudig net rommel en tuinvullis op enige plek aflaai asof dit iemand anders se probleem is om op te los.

Oral in en om die dorp word daagliks opgemerk dat voertuie doodluiters op ’n verlate plek stilhou en vullis aflaai. Of mense gee hul tuinwerkers opdrag om vullis met kruiwaens tot op sekere plekke te kar-wei.  

Die een oom antwoord: “Ek het dit nie geweet nie”. Die ander sê: “Dit is maar net blare en takke” en nog ’n ander: “Die muni-sipaliteit wil nie die tuinvullis verwyder nie.”

Dit is korrek dat dit nie die munisipaliteit se plig is om tuinafval en vullis te verwyder nie en inwoners moet toesien om dit self by die munisipale stortingsterrein af te laai. Dit gee egter niemand die reg om dit voor iemand anders se deur af te laai en ’n nuwe stortingsterrein daar te begin nie. Nee mense, so leef ons nie en dra ons nie toe tot die verval wat in die land aangaan nie! Wat het geword van ons opvoeding, normes waardes en integriteit?

Mense kan ’n boete van tot R1 000 kry indien enigiemand vullis op ’n onge-magtigde plek stort en nie by die ampte-like stortingsterrein nie. 

Die toegangspad na die terrein is nie so sleg soos in die verlede nie en binne normale ure is dit veilig om daar af te laai. Een van die groot probleme is inwoners wat iemand met ’n bakkie laat kom en betaal vir die verwydering, maar hierdie persoon laai dit eenvoudig op enige plek af.

Kom ons werk saam en rapporteer enige persoon wat oortree. Neem ’n foto of video van die voertuig en vullis, skakel die polisie of die munisipaliteit of wyksraadslid Tinus Ras by tel. 082 650 1185, of anders vir my by tel. 082 443 2310. So gou as moontlik en enige tyd van die dag. 

’n Beloning van R500 word aangebied vir enige persoon wat genoegsame bewyse kan lewer wat tot oortreders se skuldigbevinding kan lei.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories