HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Wees veilig op die paaie


   15 December 2017   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 54   l   4 months ago  

 


Gawie Richter, Bosveldsig, Modimolle, skryf:

Ons hoor jaarliks gedurende Kerstyd van noodlottige ongelukke op paaie wat voornemende padgebruikers met vrees vul. 

Hier is ’n paar praktiese wenke om 2017 vaarwel te roep en 2018 te groet: Wanneer jy ’n rit met ’n padwaardige voertuig aandurf, wees nugter, wakker en uitgerus om die tog liefs in daglig aan te pak. 

Hou by die spoedgrens en gehoorsaam alle padtekens. Moenie ander voertuie op blindehoogtes of by ’n sperstreep verby-steek nie.

Moenie met jou voertuig se regterwiele op die middellyn ry nie, aankomende voertuie eis ook hul helfte. Julle gaan reg van voor kennis maak. 

Wanneer jy links van die pad wil afdraai, moenie eers in die middel van die pad stilhou, dan die rigtingwyser aansit, die stuurwiel draai en op ’n slakkepas aanry nie. Wanneer jy regs wil draai, dui vroegtydig jou voorneme aan om te voorkom dat iemand by jou verbyjaag. 

Moenie agter die stuur sit en voor jou staar nie. Moenie die helfte van die pad annekseer en aankruie en soek vir ’n plek om ’n ongeluk te veroorsaak nie.

Onthou ’n nat pad is glad en net ’n aap ry op die voertuig voor hom se “stert”.

Gordel vas en hou jou rybewys byderhand in geval die “dienaars” jou voorkeer. 

Geniet die rit en kom veilig tuis. Geseënde Kersfees en ’n mooi nuwe jaar. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories