HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Straf amptenare wat nie vir dienste betaal


   15 December 2017   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 4   l   37 days ago  

 


Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, skryf:

Die tyd het aangebreek dat burgemeesters en munisipale bestuurders se salarisse opgeskort word by munisipaliteite waar water en ander dienste gesny word weens die niebetaling daarvan.

Dit is heeltemal onbillik teenoor inwoners wat gereeld vir hul water en dienste betaal om gestraf te word saam met die niebetalers en senior amptenare wat onbevoeg is om hul werk te doen.

Agterstallige waterskuld by munisipaliteite regoor Suid-Afrika beloop volgens statistiek van die betrokke departement byna R6,8 miljard en die minister van waterwese, Nomvula Mokonyane, dreig dat van die munisipaliteite se water gesny sal word.

Dieselfde situasie het vroeër vanjaar met beurtkrag afgespeel toe munisipaliteite se algehele uitstaande skuld vir dienstegelde meer as R110 miljard beloop het terwyl die regering niks daaraan gedoen het nie.

Die ANC moet volle verantwoordelikheid vir die situasie aanvaar aangesien dié party die kultuur van wanbetaling begin het en die lewering van dienste verder gekelder het met die aanstelling van swak en onbevoegde amptenare.

Ek het ’n brief aan die betrokke minister gerig waarin ek haar versoek om haar depar-tement se beoogde afsny van agterstallige munisipaliteite se water te heroorweeg aangesien dit onbillik teenoor betalers sal wees en boonop ongrondwetlik is.

Indien die salarisse van burgemeesters en munisipale bestuurders teruggehou word, sal hulle hul werk begin doen en seker maak dat dienstegelde ingevorder word en diens-verskaffers betaal word.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories