HOOFSTORIES: •   Man deur renoster aangeval   •   Gholflandgoed dorp se wit olifant   •   Hoës verskyn in hof   •   Jong skoolmeisie steeds vermis   •   Seuntjie (5) verloor vinger ná slangbyt   •   Munisipaliteit moet sake regruk   •   Slagoffer van plaasaanval sterk goed aan   •   Dorpsdam sorgwekkend leeg   •   Hoërskool kry nuwe hoof   •   Jagter agter slot en grendel   •   Groot fees vir Modimolle beplan   •   Skerp draai eis nog 'n lewe   •   Hoërskoolleerder wil Kaapstad help   •   Run and cycle for sports development
 

 
 

 

Malema ken nie die Afrikaner nie


   10 November 2017   l   Ons lesers skryf...    l   Views: 39   l   3 months ago  

 

EFF-leier, Julius Malema, se uitsprake het mense warm onder die kraag.


Dr. Pieter Groenewald: VF Plus-leier, skryf:

Die leier van die EFF, Julius Malema, se onlangse opruiende en uitdagende uitsprake teenoor die Afrikaners en blankes by die Israelse ambassade, is ’n bewys dat hy nie die Afrikaners en blankes ken nie. 

Afrikaners en blankes se vriendelikheid en ordentlikheid moenie gesien word as ’n swakheid nie.

Suid-Afrika het nou sterk leiers nodig om kalm en koelkop te bly in ’n tyd waar emosies hoog loop. Uitsprake soos dié van Malema skep rassespanning en kan nie bekostig word nie. Malema se uitsprake getuig ook van sy eie swakheid as leier en boonop is hy skynheilig. Dit is juis Malema wat mense aanmoedig om wetteloos op te tree en om onwettig grond te beset.

Afrikaners en blankes sal hulle nie op sleeptou laat neem deur Malema nie. Ons sal ons egter ook nie laat intimideer of laat voorskryf oor hoe ons moet optree nie. Dit is ’n grondwetlike reg om protesoptogte te hou en indien Afrikaners en blankes optogte wil hou, sal hulle hul standpunte ferm en met waardigheid stel.

Die optogte van Swart Maandag waar mense saam gebid het, is ’n sprekende voorbeeld waar protes op ’n ferm en waardige wyse aangeteken is. Afrikaners het nie kragdadige uitsprake nodig om hul standpunte te stel nie, maar sal dit met waardige optrede duidelik stel. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories