HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Alle dorpe se belange eerste


   22 March 2018   l   Hoofartikel    l   Views: 21   l   29 days ago  

 


Daar heers groot kommer onder inwoners en sakelui van Modimolle, Mookgophong en Vaalwater nadat Eskom onlangs kennis gegee het dat dorpe in die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit se krag vanaf Saterdag 31 Maart onder-breek sal word weens meer as R244 miljoen se agterstallige skuld.  

Dit is veral die derde week op die Eskom-skedule, wanneer die beplande beurtkrag daagliks van 06:00 tot 20:00 ingestel sal word wat dié dorpe se daaglikse aktiwi-teite tot stilstand kan bring en sakeondernemings op hul knieë kan dwing. 

Tientalle bekommerde inwoners van die drie dorpe het op Donder-dag 15 Maart in Modimolle vir die Waterberg-sakekamer se vergade-ring oor die dreigende elektrisiteits-krisis opgedaag waar moontlike oplossings vir die situasie bespreek is. 

Een van die oplossings wat tydens die vergadering bespreek is, was om regsadvies in te win en op Maandag 19 Maart het lede van die Waterberg-sakekamer, onder leiding van die voorsitter, Wiets Botes, vir advies by die prokureurs-firma Cilliers Reynders gaan aan-klop. Dié firma het reeds soortge-lyke interdikte suksesvol namens  ander munisipaliteite en instansies bekom. 

Die sakekamer werk ook nou saam met organisasies in Thaba-zimbi wat Eskom kon dwing om redeliker ure in te stel vir beurtkrag op dié dorp.

Regsaksies kos egter baie geld en die sakekamer benodig ’n geskatte R150 000 net om die eerste fase van die hofaansoek te betaal.

Dit was nog nooit so dringend en belangrik vir sakelui en inwoners van Modimolle, Mookgophong en Vaalwater om saam te staan nie. Nie net ten opsigte van geldelike bydraes om dié dorpe se saak in die hof te beveg nie, maar ook om op die langtermyn planne te be-raam om by die munisipaliteit se kern uit te kom. Want uiteindelik kan ’n mens duisende rande in-pomp in hofsake terwyl korrupte amptenare steeds stewig in hul posisies sit en die wanbesteding by dié munisipaliteit net voortstoom.

’n Geslaagde regsaksie teen Eskom kan, soos in Thabazimbi se geval, dié kragvoorsiener dalk dwing om billiker beurtkragtye op die rooster in te stel, maar beurt-krag is onvermydelik. ’n Mens moet ook verstaan dat Eskom ’n sake-onderneming is wat risiko’s moet beperk en die Modimolle Mookgo-phong-munisipaliteit skuld dié onderneming per slot van sake R244 miljoen.

Intussen moet dié munisipaliteit hul sake in orde begin kry. Dit sal jammer wees indien sekere poli-tieke partye verliese moet ly indien dié munisipaliteit onder admini-strasie geplaas word, want dit bete-ken dat die munisipale raad moet ontbind. Dit is egter nie nou die tyd om op te tree in belang van party-politiek nie. Optrede vereis nou dat die belang van drie kosbare dorpe vooropgestel word.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories