HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Is vennootskap met EFF fataal?


   01 March 2018   l   Hoofartikel    l   Views: 44   l   50 days ago  

 


“Die munisipaliteit hoort in die intensiewesorgeenheid vol pype, want dit is glad nie gesond nie”.

Dit was die woorde van Rob Tooley, provinsiale LUR vir die tesou-rie, aan die Modimolle-Mookgo-phong-munisipaliteit tydens ’n raadsvergadering in Februarie waartydens hy dié munisipaliteit se werknemers en raadslede behoorlik oor die kole gehaal het.

Bogenoemde munisipaliteit is se-dert die landwye munisipale ver-kiesing, wat in Augustus 2016 plaasgevind het, onder die beheer van ’n samewerkingsooreenkoms tussen die Demokratiese Alliansie (DA) en die Economic Freedom Fighters  (EFF).

Die wittebrood tussen dié twee uiteenlopende politieke partye was baie gou verby en daarna was dit duidelik dat dié huweliksbootjie in baie stormagtige waters vaar.

Dit is nie net die geval in die Modi-molle-Mookgophong-munisipaliteit nie, maar ook in ander munisipa-liteite landwyd waar die EFF tot ’n huwelik met die DA toegestem het.

Dit is duidelik dat die DA se “samewerking” met ’n party wat nie skroom om sy ondersteuners in die openbaar aan te hits om misdade te pleeg nie, op ’n ramp afstuur.

Inwoners in die Modimolle-Mook-gophong-munisipaliteit is onder meer erg ontnugter deur die feit dat daar nog nie werklik ’n groot verskil in dienslewering sigbaar is onder die DA/EFF-munisipaliteit nie. 

Gemoedere loop só hoog dat die burgerregte-organisasie AfriForum vandeesweek ’n strafregtelike klag van besoedeling op Maandag 26 Februarie teen OP Sebola, die munisipale bestuurder van die Modi-molle-Mookgophong munisipaliteit, aanhangig gemaak het. 

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se streekskoördineerder vir Limpopo, spruit dié klagte uit rou riool wat al jare lank gereeld deur die strate in die dorp en nywerheids-gebied vloei. 

Inwoners en sakelui het al talle klagtes oor dié probleem by die munisipaliteit ingedien. 

Die Pos berig ook al sedert 2015 oor die besoedelingsprobleem in Mookgophong.

Toegegee, die DA/EFF-munisipa-liteite het ’n yslike skuldlas in 2016 van vorige ANC-munisipaliteite geërf, maar die skuldlas is nie die enigste — en moontlik die grootste — kopseer nie. 

Die doring in die vlees is die soge-naamde “samewerkingsooreen-koms” wat die DA met die EFF aangegaan het vir korttermyn gewin wat hul egter op die langtermyn nou bitter duur te staan kom. 

En nou begaan die ANC presies dieselfde fout deur die deur vir ’n uiters omstrede en populistiese EFF oop te maak deur die EFF-mosie oor die wysiging van die grondwet oor eiendomsreg wat op Dinsdag 27 Februarie in die parlement gedien het, te ondersteun. 

Dié “huwelik” sal waarskynlik ook in die skeihof beland en die land se broos ekonomie net verder skade aandoen.

Iets wat Suid-Afrika tans glád nie kan bekostig nie. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories