HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Ramaphosa bring hoop


   22 February 2018   l   Hoofartikel    l   Views: 58   l   57 days ago  

 


Suid-Afrikaners was lanklaas só hoopvol soos die afgelope week. 

’n Nuwe era het aangebreek ná ’n dramatiese week waarna die gordyn finaal vir oudpres. Jacob weet-nie-wat-het ek-verkeerd-gedoen-nie Zuma gesak het.

Duisende Suid-Afrikaners sien in ons nuwe staatshoof, Cyril Rama-phosa, die antwoord op ál die dinge wat die afgelope dekade so verskriklik skeefgeloop het. Dit is asof daar eintlik ’n wonderwerk van Ramaphosa verwag word: Hy moet plaasmoorde stopsit, misdaad bekamp, die polisie regruk, sorg dat die Vrede-melkplaas-ouens agter tralies beland, korrupsie uitroei, drastiese kabinetskommelings aankondig, beleggersvertroue lok, water in die land se krane toor. En dan praat ’n mens nog nie eens oor daardie “olifant in die kamer” — die beoogde grondhervormingsplan nie.

Politiek is nooit maklik nie. Vra maar enigeen wat kennis het oor wat in “klein” munisipaliteite soos dié in die Waterberg aangaan. Daar is genoeg intriges om Deon Meyer vir jare lank besig te hou: afpersing, dreigende hofsake, bruin koeverte vol geld wat glo aangestuur word, ongerymdhede met tenders, dwarsboming van planne, geheime inligting wat uitlek, omkopery, verskillende “kampe” wat mekaar op sosiale media beswadder, flambojante rygoed. Ag, die lys is te lank om op te noem.   

En nou is ons (dalk) op die drum-pel van iets nuuts. Die land is moeg daarvoor om ons te skaam vir ons president. Ons wil nie op lughawens staan en huil as ons ons mense groet wat landuit vlug voor misdadigers nie. Ons wil nie sien hoe arm kinders vergaan van ellende nie. Ons wil nie hoor van skole wat nog puttoilette het nie, kinders wat nie kan lees nie en van onderwysers wat skoolmeisies verkrag nie. Ons wil — hoe ongelooflik dit ook al klink — net hande vat met álle landsburgers en saam vorentoe beur.  

En vir baie is Ramaphosa nou die man wat die haas uit die hoed moet pluk om ’n hele vuisvoos nasie te verenig. 

Daar is ’n versigtige opgewonden-heid oor dié nuwe sakeman-presi-dent wat slegs een (hoogsgeleerde) vrou het, wat toesprake kan maak sonder om al giggelend oor syfers te struikel en wat die moed het om te sê daar is skelms in sy eie party. Een wat boonop in sy vrye tyd ook tyd het vir draf en bid en boer.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories