HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Trek tog maar daardie kruisie


   15 February 2018   l   Hoofartikel    l   Views: 57   l   2 months ago  

 


Die verkiesing van skoolbeheerliggame vind, volgens die voorskrifte van die onderwyswet elke derde jaar landwyd plaas en is geskeduleer vir Maart 2018.

Die meeste skole het reeds kennisgewings in dié verband aan ouers gestuur in die hoop om die wetlike getal ouers (15%-kworum) tydens die verkiesing byeen te bring. 

Dié verkiesing, wat terloops die derde grootste verkiesing in Suid-Afrika is, is van kardinale belang vir die bestuur en volhoubaarheid van skole in die land omdat daar tans nog groot besluitnemingsmag in die hande van ’n skoolbeheerliggaam geplaas word — of dié magte met die nuwe voorgestelde skolewet ingeperk gaan word, is egter nog nie duidelik nie.

Dit is dus vreemd dat ouers soms huiwerig is om by skoolaktiwiteite betrokke te raak. 

Soms uit vrees vir “oorbetrokken-heid”. 

En ’n mens behoort begrip te hê vir hierdie siening, want dit gebeur dikwels dat ouers weer hul neuse té diep in skoolsake druk wat natuurlik net so ’n groot kopseer is as ouers wat glad nie betrokke is nie. 

Dit gebeur baie dikwels in skole dat die skoolhoof se uitvoerende magte deur ’n beheerliggaam ingeperk of oorgeneem word. 

Dit demp die inisiatief van ’n skoolhoof om saam met sy personeel ’n eiesoortige identiteit vir die skool te vestig. 

Die antwoord ten opsigte van ouer-betrokkenheid lê, net soos in alle ander sfere van die samelewing, daarin om die perfekte balans te vind. Om dié balans te bepaal, behoort ouers ingelig te wees oor die skolewet waarin onder meer die verkiesingsprosedures, samestelling, rol én beperkings van ’n beheer-liggaam duidelik omskryf word. 

Net ’n ouer wat volledig ingelig is, sal weet hoe die groter skoollegkaart werklik inmekaar pas en sodoende ’n konstruktiewe en positiewe bydrae lewer. Dit is deesdae maklik om inligting op die internet hieroor in te win.

’n Beheerliggaam behoort die skakel te wees tussen ouers en die skool en dus behoort dié lede by uitstek vredemakers en onderhan-delaars te wees. Mense wat kan luister en op deurdagte wyse besluite kan neem en bereid is om hulle tyd en energie op te offer ter wille van die groter gemeenskap. Mense wat reeds as gemeenskapsleiers gewys het wat in hulle steek.

Ouers behoort hulle dus nie te laat voorskryf vir wie hulle moet stem of instem tot sogenaamde blokstemmings nie. Hulle behoort vir elke lid te stem op grond van eie meriete.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories