HOOFSTORIES: •   Reën veroorsaak skade; dam nog leeg   •   Sakke dagga gevind   •   Jong leerder vergruis kakebeen ná val   •   Grond op Vaalwater onwettig betree   •   Kontrakteur sê hy is omkoopgeld gevra   •   Afriforum maak dorp skoon terwyl werkers staak   •   Inwoners keelvol vir dienslewering   •   Liggiehuis lok van heinde en ver   •   Munisipale skuld moet beter bestuur word   •   Disabled people also need a future   •   Brief: vat inwoners vas oor vullis   •   Eskom krag-krisis afgeweer   •   Twee renosters buite Vaalwater gestroop   •   Quick recovery after reports of stolen vehicle   •   Organisation to equip youth with skills
 

 
 

 

Die einde van die jaar ‘blues’


   07 December 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 15   l   11 days ago  

 


’n Vriend van Die Pos het jare gelede vir ons die raad gegee om nie sommer dié tyd van die jaar ingrypende besluite te neem nie.

“Moenie jou werk bedank, jou baas vloek, jou vrou los of besluit om te emigreer nie,” is sy tong-in-in-die-kies-raad. “Gaan hou Kersfees en as jy dit nog steeds wil doen, doen dit dan in Januarie!” is sy raad.

Die Pos ervaar dit elke jaar dié tyd dat mense se nerwe dun is. Mense verkeer vroeg in Desember onder geweldige spanning en kort voor lank is dit een woord oor ’n ander en die tonge, rekenaarsleutels, telefoonlyne of vuiste klap.

Die spanning waaronder Suid-Afrika-ners leef, maak dit nie makliker nie. Navorsing wat Die Pos die afgelope jaar onder ons lesers gedoen het, toon ’n somber prentjie: Mense is bang in hul eie huise, hulle het ver-troue in die polisie verloor, hulle is siek en sat vir dienslewerings-probleme, hulle raak verswelg deur bewerings van groot-skeepse korrupsie in die regering.

Die hoofstories in die media skets dieselfde prentjie: Kindermis-handeling, Suid-Afrikaanse leerders wat nie meer kan lees of wiskunde doen nie, die onderwysde-partement wat versuim om nuwe skole te bou maar net aanhou om Afrikaanse skole (wat goed funksio-neer) te teiken, die knellende droog-te, die slagting op die Suid-Afrikaan-se paaie.

Ons land se mense is kwaad oor die politiek, oor korrupsie, ag, sommer oor Boer soek ’n vrou ook! 

’n Mens sien dit aan die manier hoe hulle mekaar op sosiale media, in die howe en sommer op straat pak. ’n Mens sien dit aan die klagtes en briewe wat na koerante soos Die Pos stroom. 

Iewers langs ’n hoofweg het daar jare lank ’n bord gestaan met die woorde: South Africa, turn to God. Met ’n ontsettende belangrike presi-dentskapsverkiesing wat voorlê, het ons land dít seker nou nodiger as ooit tevore.

Die Pos se kantore sluit aanstaan-de week vir die Kersvakansie. 

Dan gaan ons rus. 

Mag dit ook vir ons koerant se lesers só wees dat rus vir hulle ook net om die draai lê. En mag Sy vrede, wat alle verstand te bowe gaan, met elkeen van u in hierdie feesseisoen wees.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories