HOOFSTORIES: •   Reën veroorsaak skade; dam nog leeg   •   Sakke dagga gevind   •   Jong leerder vergruis kakebeen ná val   •   Grond op Vaalwater onwettig betree   •   Kontrakteur sê hy is omkoopgeld gevra   •   Afriforum maak dorp skoon terwyl werkers staak   •   Inwoners keelvol vir dienslewering   •   Liggiehuis lok van heinde en ver   •   Munisipale skuld moet beter bestuur word   •   Disabled people also need a future   •   Brief: vat inwoners vas oor vullis   •   Eskom krag-krisis afgeweer   •   Twee renosters buite Vaalwater gestroop   •   Quick recovery after reports of stolen vehicle   •   Organisation to equip youth with skills
 

 
 

 

’n Beroep met baie snykante


   30 November 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 20   l   18 days ago  

 


Die onthulling die afgelope week deur joernaliste van verskeie mediahuise dat daar vermoedelik ’n korrupte verwantskap tussen die Guptas se ANN7-kanaal, die betaalkanaaldraer MultiChoice (deel van die Naspers-groep) en die voormalige minister van kommunikasie Faith Muthambi was, het skokgolwe deur mediakringe gestuur.

News24 het dié storie saam met amaBhungane en Daily Maverick gebreek.

News24 is self deel van die Nas-pers-groep en dit plaas dié groep se korporatiewe belange in die boks-kryt teen hul eie joernalistieke onafhanklikheid.

Kyk ’n mens na die figuurlike tel-bord, het joernalistieke onafhank-likheid die eerste gevegsronde gewen.

Die dapper stap van News24 se joernaliste om as’t ware te krap in ’n moontlike korrupsienes wat deur hul werkgewers gebou is, verdien ver-melding.

Politici én Jan alleman wat dikwels die etiket van “sensasiesoekers” om joernaliste se nekke hang, behoort dalk weer te besin. 

Dit is ironies dat dit juis joernaliste is wat die afgelope jare by uitstek korrupsie op regeringsvlak in Suid-Afrika oopgevlek het. 

Mandy Rossouw van die Mail & Guardian was die eerste joernalis wat in 2009 geskryf het oor die uitspattige veranderings wat aan Nkandla, die Zuma-woning in KwaZulu-Natal, aangebring is. 

Dit was die onverpoosde werk van Daily Maverick se span ondersoe-kende joernaliste, bekend as Scorpio, wat deur gelekte e-posse, bekend as die #GuptaLeaks, die mag wat die Gupta-familie op staatinstellings het aan die wêreld geopenbaar het. 

En dit is die oudjoernalis, Jacques Pauw, wat in die pas vrygestelde en opspraakwekkende boek, The President’s Keepers, mense laat reg-op sit oor die omvang van korrupsie in die ANC-regering.

Hierdie joernaliste is feitlik deur die bank met die hof gedreig, as leue-naars afgemaak en in sommige gevalle selfs met die dood gedreig — en tog hou joernaliste aan om te krap tot by die wortel van die kwaad.

Die Pos en The Beat se redaksie-spanne ontvang ook dikwels dreige-mente wanneer korrupsie op plaas-like vlak oopgekrap word. 

Dit was veral die laaste paar weke die geval nadat dié koerante berigte gepubliseer het oor eiendoms-verwante sake op Bela-Bela — alles in ’n poging om joernaliste se “monde” te snoer.

’n Mens kan soms nie help om te wonder wie anders die fluitjie sal blaas as joernaliste dit nie doen nie? “Waarheidsoekers” — met murg in hul pype — is dalk ’n meer gepaste benaming as die holruggeryde “sensasiesoekers”.   

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories