HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Wees self ’n fluitjieblaser


   09 November 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 13   l   13 days ago  

 

Jacques Pauw se kontroversiële boek, The President's Keepers, die land behoorlik aan die gons.


Die opspraakwekkende boek The President’s Keepers wat deur die oudjoernalis Jacques Pauw geskryf is en binne dae in boekwinkels uitverkoop is, het die land behoorlik aan die gons.

In dié boek krap Pauw ’n nes van misdaad, korrupsie en leuens oop. Aktiwiteite wat onder meer Suid-Afrika se ekonomie, wat voor 2009 nog geag was as een van die sterkste in Afrika, letterlik verlam het. 

En die baasbrein, volgens die boek, agter dié aksies is die land se eie presi-dent — Jacob Zuma.

Sedert die boek op die rakke verskyn het, het Pauw doodsdreigemente ontvang. 

Die feit dat dié skrywer onver-skrokke staan by die inhoud van die boek en dat hy dit beskou as sy “lands-plig” om hierdie misdade aan die kaak te stel, maak van hom ’n fluitjieblaser vir wie elke wetsgehoorsame burger die hoed behoort te lig.

Dit is nie altyd maklik om die fluitjie-blaser te wees nie. 

Die Pos se redaksiespan het dit die afgelope paar weke eerstehands be-leef toe dié koerant kennelik ’n blik wurms oopgekrap het deur te berig oor beweerde ongerymdhede by talle grondtransaksies op Bela-Bela.

In ’n poging om by die wortel van die eiendomskwaad op dié dorp uit te kom, is verskeie rolspelers by die ondersoek betrek. 

Dit sluit in private grondeienaars, munisipale amptenare, raadslede, politici en sakemense.

Die leuens, oor-en-weer-beskuldi-gings en beweerde omkoop-trans-aksies het die redaksiespan se hare laat rys.

Ons is self ook uit verskeie oorde gewaarsku dat daar mense is wat “nie hou daarvan dat ons aan hierdie sake krap nie”.

Minstens vier mense met wie Die Pos-span onderhoude gevoer het oor die grondtranskasies, het aangedui dat hulle bang is om “te praat” omdat hulle bevrees is dat hulle sake-ondernemings of persoonlike lewens nadelig daardeur geraak kan word.

Dit is ’n hartseer dag as mense bang is om klagtes oor korrupsie of kriminele bedrywighede by die howe of polisie aan te meld, of inligting met die media daaroor te deel.         

 Pauw glo egter daar is drie dinge wat Suid-Afrika kan red: die howe, die media en die landsburgers. 

Hy sê verder mense moenie dink dat hulle nie die algehele korrupsie in die land kan keer nie.

Die Pos-span stem heelhartig met Pauw saam.

Dit is baie gerieflik om die fluitjie eerder aan die media, burgerregte-organisasies, die buurman of ’n ander sakepersoon te gee om te blaas.

Dit is tyd dat mense Pauw se voorbeeld volg en sonder vrees opstaan en uitwys wat verkeerd is in ons land. Nie net op nasionale vlak nie, maar ook op plaaslike vlak en in ons eie klein gemeenskappe.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories