HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Waar sal hulp vandaan kom?


   26 October 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 33   l   5 months ago  

 


Oënskynlike klein probleme soos ’n telefoon of munisipale rekening wat verkeerd is, kry gewone Suid-Afrikaners deesdae onder.

Want klein probleme in dié land, raak groot probleme vir verbruikers weens die onvermoë van sowel regeringsamptenare as privaat instansies om kliënte se navrae te hanteer en probleme doeltreffend op te los.

Die gewone man het doodeenvou-dig vertroue in selfs groot handels-name en regeringsinstansies verloor en indien ’n groot tragedie of krisis mense se pad kruis, is daar deesdae geen ander keuse as om self planne te maak om die wa deur die drif te trek nie.

Mense het dikwels meer vertroue in hul plaaslike buurtwag as die amptelike wetstoepassers om hulle veilig te hou. 

Die ongelooflike werk wat ’n groep soos die Heritage Protection Group (HPG) doen om onder meer misda-digers ná plaasmoorde op te spoor, is merkwaardig. Dit is te verstane dat mense meer respek het vir dié groep se effektiwiteit as die suksessyfers wat ander wetstoepassers op die tafel plaas.

In die onlangse grondgrypvoorval deur EFF-lede op Bela-Bela het inwoners selfs voorgestel dat die hulp van HPG ingeroep word om die plakkers te help verwyder en ondersoek in te stel na bewerings van omkoopgeld wat glo by verskeie transaksies op die dorp betrokke is. Daar was ook voorstelle dat AfriForum by die saak betrek word.

Dit is duidelik dat mense self begin planne maak en hulle eerder op privaat inisiatiewe beroep om hul probleme en krisisse te hanteer, as na regeringstrukture wat wel bestaan.

Die groot aantal inwoners wat die afgelope Maandagaand, 23 Oktober, op Bela-Bela opgedaag het vir ’n DA-vergadering om die grondkrisis op dié dorp te bepreek, is verblydend en ’n verdere teken dat inwoners besef dat hulle sal moet begin saamwerk om groot krisisse op te los en korrupsie teen te werk.

’n Mens spreek egter die hoop uit dat inwoners op al die dorpe in die koerant se lesersgebied in dieselfde groot getalle sal opdaag vir munisipale beplannings- en begrotingsvergaderings. Want dit is die enigste wyse om druk op die stadsvaders uit te oefen om katvoet te loop met belastingbetalers se geld.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories