HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

Die ‘sondes van die vaders’ haal Suid-Afrikaners in


   11 October 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 17   l   12 days ago  

 


Hoewel die eerste reën van die seisoen die afgelope week baie welkom was, het dit weer baie duidelik die kollig laat val op die reusetaak wat veral op die skouers van die bestuur van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit rus.

Dié mense werk letterlik dag en nag om hond haaraf te maak uit die haglike “erfporsie” wat hulle van hul voorganger — ’n ANC-beheerde raad — gekry het.

Dit word by die dag duideliker dat daar in die vorige bedeling bitter min noodsaaklike instandhoudingswerk gedoen is en miljoene rande na die verkeerde plekke gevloei het.

“Ons verwag vanjaar erge storms. Ons probeer om ekstra voorraad aan te koop, maar ons kan nie alles aanhou nie. Instandhoudingswerk wat vir jare lank nie gedoen is nie, haal ons nou in,” het Marlene van Staden, burgemeester, aan Die Pos gesê.

Ook op Mookgophong is dit duidelik dat die nuutverkose raad voor ontsettende uitdagings te staan kom.

DA-LP Desirée van der Walt het die afgelope week aan inwoners op dié dorp gesê: “As jy nie geld, bestuur-ders of die regte personeel het om verandering mee te bring nie, kan dinge nie vinnig verander nie.” 

Dié dorp word al geruime tyd geteister deur kragprobleme, rioolprobleme, herstelwerk aan pypleidings en ’n groot verkeersprobleme — alles dinge wat jare gelede reeds ernstige aandag moes kry.

Dit is voorts ’n kwade dag wanneer groot kanonne in die politieke arena in die openbaar sê dat privaat veiligheidsmaatskappye die toekoms is omdat die polisie bloot net nie meer opgewasse is om misdaad te bekamp nie. 

Annette Steyn, DA se skaduminis-ter van landbou, het die afgelope week op Modimolle gesê landbou gaan deur ’n baie moeilike tyd met die voëlgriepepidemie, droogte en plaasaanvalle. 

Sy het gesê die departement van landbou is nie opgewasse vir hul taak nie en dat dinge ál meer agteruit-gaan. Kundigheid gaan verlore en die departement se begroting word jaarliks gesny. 

“Ons verloor boere teen ’n kommerwekkende tempo. Dit sal beslis ’n impak op voedselsekerheid hê.”

Ook kol. Lindie Marx, stasiebevel-voerder op Bela-Bela, het gesê ondervinding in die polisie is aan die uitsterf. 

Sy het gesê meer hulpbronne soos voertuie en bekwame beamptes is ’n groot behoefte.

Gaan Suid-Afrikaners werklik aanhou terugsit en toelaat dat ’n duidelik onbevoegde regering die land dag vir dag in die grond bestuur?

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories