HOOFSTORIES: •   Skok ná nog ’n selfdood   •   Stropers loop hul vas   •   Sentrum wemel van polisie ná vals alarm   •   Goeie nuus vir Salusoord-inwoners   •   Leeustropers slaan weer toe in Vaalwater   •   Hoë tariewe reggestel   •   Rowers teiken weer winkel in hoofstraat   •   "Ons bring werksgeleenthede" sê myn   •   Diewe teiken hoërskool   •   Weg met mishandeling!   •   Tuinmaak is terapeuties   •   Burgemeester deel sukses-wenke   •   Atlete sweet tydens strawwe driekamp
 

 
 

 

Die ‘rots’ het gepraat


   10 August 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 26   l   11 days ago  

 

Parlementêre speaker, Baleka Mbete.


Duisende vroue van alle rasse in Suid-Afrika het op 9 Augustus 1956  onder die vaandel van die Federation of South African Woman na die Uniegebou in Pretoria opgeruk.

Hulle het hul stem dik gemaak oor die destydse paswette wat bepaal het dat swart Suid-Afrikaners ’n pas moes dra —  ’n dokument wat swart mense se toegang tot sekere gebiede tydens die apartheidsjare beheer het en veral swart huiswer-kers benadeel het.

Onder leiding van Lillian Ngoyi, Helen Joseph, Rahima Moosa en Sophia Williams De Bruyn het hierdie vroue die onregverdige wette van die destydse apartheidsregering bevraagteken. 

In ’n tyd waartydens mense wat “anders” as die apartheidsregering gedink het, vervolg is, het hierdie vroue steeds met die moed van hul oortuiging opgeruk Uniegebou toe.

Sedert 1956 tot 2017 het daar dramatiese skuiwe aan die politieke “plate” van die Suid-Afrikaanse landskap plaasgevind. 

Dit is egter ironies dat die regering van Suid-Afrika die geskiedenis her-haal en die land weer by ’n kruispad staan en dit skynbaar wéér vroue is wat die verandering in rigting aandui.

Dit is sekerlik bloot toevallig dat die datum waarop die parlementêre speaker, Baleka Mbete, aange-kondig het dat die parlementêre mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma in die geheim mag plaasvind, twee dae voor die viering van Vrouedag is.

Die feit dat dit ’n vrou is wat haar kop in die politieke bynes steek, is egter nie toevallig nie, want vroue se kompas word heel dikwels ingestel op waardes, ongeag die gevolge van die rigting wat ingeslaan word. 

Dit is geen geheim dat Mbete na dese uiters ongewild onder ’n groot aantal ANC-lede gaan wees nie.  

Mbete het dit duidelik gestel dat LP’s die mense van Suid-Afrika, en nié hulle onderskeie partye, in die parlement moet verteenwoordig nie. LP’s moet dus toegelaat moet word om met hul gewete te stem sonder die vrees vir vervolging. 

Met dié woorde kan ’n mens am-per Mbete se parlementêre “son-des” van die verlede vergewe. 

Haar aankondiging gee Suid-Afrikaners weer ’n bietjie hoop dat demokrasie nog nie heeltemal vir die Reënboognasie verlore is nie.

Hiermee voeg Mbete haar stem by ander vroue soos dié van ANC-LP Makhosi Khoza, minister Lindiwe Sisulu en die vorige OB Thuli Madon-sela wat hulle sterk uitspreek teen die korrupte wyse waarop Zuma en sy talle Gupta-trawante die land regeer.

’n Mens spreek die hoop uit dat duisende vroue landwyd hulle stemme by dié vroue sal voeg en ’n duidelike boodskap aan die uiters onbevoegde ANC-regering sal uitstuur. 

Die tyd was nog nooit so ryp dat vroue weer, soos die Uniegebou-vroue van destyds, sal moet saam-sing: ‘Wathint’ Abafazi, Wathint’ Imbokodo’ (as jy vroue slaan, slaan jy die rots).

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories