HOOFSTORIES: •   Bekende boer sterf tragies   •   Leeus spring vergiftiging vry   •   Haarkapper dood in motorhuis gevind   •   Man by reservaat beroof en vasgebind   •   Fondsinsameling vir kankerlyertjie   •   Epilepsielyer breek rugwerwel   •   Bekende prokureur ontken skuld   •   Ongeluk eis vrou se lewe   •   Vrou met honderde katte vra hulp   •   Verkeersman rol motor   •   Diewe weer doenig op Noodhulp   •   Warries vier 70 goue jare   •   Vaalwater musician going places   •   Klub Helpmekaar groet staatmaker   •   Polisie hou bewusmakingsdag   •   Godsdiens steeds in skole   •   Spelers presteer goed tydens Bokkieweek   •   Local student studied in Cuba   •   Fly in weer ’n hoogtepunt
 

 
 

 

Goeie nuus oor vuurwapens


   13 July 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 26   l   11 days ago  

 


Die hooggeregshof in Pretoria het op Dinsdag, 4 Julie, beslis dat die klousule oor die hernuwing van lisensies in die vuurwapenbeheerwet ongrondwetlik is.

Dié uitspraak is gelewer nadat die Suid-Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging, ook bekend as SA Jagters, ’n aansoek teen die minister van veiligheid en sekuriteit gebring het omdat hulle van mening is dat die vuurwapenlisensiehernuwingsproses in terme van die vuurwapenbeheerwet (art. 24 en 28) ongrondwetlik is.

Soos die wet tans daarna uitsien, moet lisensiehouers 90 dae voor hul wapenlisensies verval, heraansoek doen. Handwapenlisensies is geldig vir vyf jaar en jaggewere vir tien.

Wanneer die geldigheid van dié lisensies, soos die wet tans daarna uitsien, egter verval, moet die houer in kennis gestel word dat dit verval het, dat hy of sy in besit is van ’n “onwettige” vuurwapen en moet die wapen dan by die naaste polisiekantoor ingehandig word. 

Hierdie proses het volgens kenners en SA Jagters baie meer onsekerheid oor die hele proses veroorsaak. 

In beginsel word individue wat aan die voorwaardes van die wet voldoen, gestraf. Hulle kan vervolg word of hulle wapens verloor terwyl diegene wat glad nie aan die vereistes van die wet voldoen het nie, geensins benadeel is nie. Dit, volgens SA Jagters is onregverdig, onbillik en onredelik. Die proses het dit juis vir die weerloses in die samelewing, waaronder bejaardes, baie moeilik gemaak om ’n vuurwapen te besit.

Regter Ronel Tolmay het in haar uitspraak op Dinsdag gesê alle vuurwapenlisensies wat geldig is of hernu moet word, steeds geldig is totdat die grondwethof uitspraak gelewer het oor die grondwetlikheid van die wetgewing. Sy het die regering 18 maande gegee om die wetgewing (art. 24 en 28) te wysig.

Dié hofuitspraak is nie net goeie nuus vir SA Jagters nie, maar ook vir gewone burgers wat hoofsaaklik ’n vuurwapen vir selfverdediging aanhou.

In ’n land waar die misdaadsyfer geweldig hoog is, is die besit van ’n vuurwapen feitlik ’n gegewe. Mens kan maar net die misdaadberigte in vandag se uitgawe van Die Pos lees om te besef dat misdaad buite beheer is. Op Mookgophong het gewapende rowers in helder daglig ’n sakeonderneming geteiken. Op Bela-Bela het die skote, ook in daglig, in ’n woongebied geklap.

Mens spreek die hoop uit dat die gewysigde wetgewing wettige vuurwapeneienaars en –gebruikers se belange sal beskerm en dat onwettige vuurwapens uit die gemeenskap verwyder sal word sonder om die eienaars van wettige vuurwapens te benadeel.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories