HOOFSTORIES: •   Gru-ongeluk eis twee lewens   •   Foreign nationals targeted   •   Dak van vulstasie windskeef ná trok stamp   •   Geen skoon oudit vir Limpopo-munisipaliteite   •   Nuwe selfoon-slenter   •   Narcotics anonymous wants to expand   •   SAPD-klopjag suksesvol   •   Human trafficking a 'multi-million industry'   •   Brief: Wat is die WARE waterprobleem?   •   Dansers wys hul staal   •   Vuurwarm skolerugby   •   Gholftoernooi in volle swang   •   Coetzee's keep cycling titles in family
 

 
 

 

Steeds die reënboognasie


   14 June 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 25   l   15 days ago  

 


Die verwoestende brande in die Kaap wat ’n dorp soos Knysna die afgelope week feitlik lam gelê het, het ’n vlaag van omgee in ’n baie kort tyd deur Suid-Afrika laat spoel.

Die swak ekonomie, korrupsie, misdaad, die Gupta-“leaks” en die beweerde onsimpatieke houding vanaf regeringskant teenoor die slagoffers van dié brande kon nie die kleure in die land se reënboognasie verder demp nie.

Só oorweldigend is die hulp wat uit alle hoeke van Suid-Afrika na Knysna en omgewing stroom, dat ’n mens jouself wil verstout om te sê Suid-Afrikaners wil daardeur bewys dat die gees van die reënboognasie nog lank nie gedemp is nie.

Dit is duidelik dat dié land se mense “beter” pleks van “bitter” verkies.

Beter as die handjievol regeringslui wat besig is om Suid-Afrika se rykdom vir ’n paar silwer muntstukke te verkoop. Beter as die relatief klein groepie mense wat oor alles onder die son ’n rassistiese baadjie wil drapeer. Beter as misdadigers wat ’n medemens se lewe neem sonder om ’n oog te knip. Beter as diegene wat ook in hierdie verskriklike krisis die sosiale media misbruik om bitterheid en haat te saai.

Borge, individuele skenkers, kerke, liefdadigheidsorganisasies, restaurante en vrywillige helpers werk onverpoosd voort asof hulle oogklappe teen alle negatiewe elemente en kritiek dra.

Ook inwoners van die Waterberg deel in die gees van die

“reënboognasie”. Daar is verskeie op- en aflaaipunte op al die dorpe in Die Pos se lesersgebied waar inwoners nie-bederfbare produkte, komberse, babamelk en –doeke, klere en matrasse kan aflaai.

’n Plaaslike kitspakket-onderneming op Bela-Bela het ook aangebied om daagliks voorrade na ’n sentrale punt in Johannesburg te vervoer vanwaar dit na Knysna en omgewing versprei sal word. Plaaslike brand- en noodhulpspanne het ook reeds in Knysna geland om met die brandbestryding te help.

’n Mens is weer trots om ’n Suid-Afrikaner te wees. Trots op ’n nasie wat nie toelaat dat die vure wat om hulle ontstaan die edele eienskap — medemenslikheid —  vernietig nie. Landsburgers wat verkies dat daar eerder ’n “vuur” van liefde en omgee in hul binneste brand.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories