HOOFSTORIES: •   Gru-ongeluk eis twee lewens   •   Foreign nationals targeted   •   Dak van vulstasie windskeef ná trok stamp   •   Geen skoon oudit vir Limpopo-munisipaliteite   •   Nuwe selfoon-slenter   •   Narcotics anonymous wants to expand   •   SAPD-klopjag suksesvol   •   Human trafficking a 'multi-million industry'   •   Brief: Wat is die WARE waterprobleem?   •   Dansers wys hul staal   •   Vuurwarm skolerugby   •   Gholftoernooi in volle swang   •   Coetzee's keep cycling titles in family
 

 
 

 

Tweedrag en sleur haal die “son” uit Sonskyndorp


   21 April 2017   l   Hoofartikel    l   Views: 52   l   2 months ago  

 


Binnegevegte in die ANC-beheerde munisipale raad en kat-en-muisspeletjies met die publiek is besig om Bela-Bela se mooi naam as Sonskyndorp te besoedel. 

Bela-Bela — wat onlangs selfs as Dorp van die Jaar in ’n landwye kompetisie benoem is — is sekerlik een van dié dorpe in die provinsie met die grootste mate van wantroue tussen die gemeenskap en sy leiers. Dit is niks vreemds om te sien hoe mense van Bela-Bela liederlike beledigings oor en weer tussen sakelui, raadslede en politieke vyande op sosiale media plaas, deel en “like” nie. Van dié uitlatings grens aan blatante laster.

Die Bela-Bela-munisipaliteit se kat-en-muisspeletjie met die publiek wat betref die beskikbaarstelling van die veelbesproke forensiese verslag oor beweerde wanadministrasie in die munisipaliteit, het net die situasie vererger.

Terwyl die munisipaliteit bykans ’n jaar lank volgehou het dat dit “normale prosedure is” dat die beskikbaarstelling van sulke ondersoeke lank neem en dat daar “niks is om weg te steek nie”, het ’n kind tydens gewelddadige betogings in die township gesterf, die burgemeester se voertuig is aan die brand gesteek, munisipale eiendom is beskadig en die kloof tussen die gemeenskap en die dorpsleiers het net al hoe groter geraak.

Die munisipaliteit se “geheime” vergaderings op allerhande plekke behalwe die munisipale kantore het die publiek se agterdog net verder aangeblaas.

Dié verslag is die afgelope week uiteindelik vrygestel — en nie sonder drama nie. 

Die publiek is gevra om die raadsaal te verlaat toe die verslag voorgelê is en ’n woordewisseling het glo tussen raadslede ontstaan.

Geen KPMG-verteenwoordiger was — soos beloof — teenwoordig om die verslag aan die vergadering voor te lê nie. 

Die Pos berig vandeesweek breedvoerig oor die bevindinge in die verslag. Nee, niemand word toe in die verslag by name as ’n skurk of dief uitgewys (soos wat sommige voorbokke in die gemeenskap graag aan ander voorgehou het nie). 

En ja, daar is talle tekortkominge in die raad wat dringend aandag vereis.

Die vraag is net: Hoe gaan die dorp se leiers (en dit sluit veral sakeleiers in) nou hande vat en planne maak om die “sonskyn” in die Sonskyndorp terug te sit?

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories