HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Belê in goeie gesondheid


   16 February 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 49   l   9 months ago  

 


Die Pos-span het tydens ons jaarlikse opleiding besef hoe belangrik gesondheid is.

Die opleidingsgeleentheid, wat jaarliks ten doel het om die koerant se personeelkorps te motiveer, is vanjaar by ’n plaaslike gimnasium aangebied en een van die sprekers was die bekende sportsielkundige Gielie Hoffmann, wat onder meer vir vier jaar die Suid-Afrikaanse Davis Cup-tennisspan se sielkundige was. Hy is ook ’n rubriekskrywer vir Netwerk24.

Hoffmann het tydens die geleentheid veral klem gelê op die holistiese benadering ten opsigte van gesondheid. 

’n Mens is ’n eenheid wat bestaan uit liggaam, verstand en gees en goeie gesondheid is volgens dié sportkenner die resultaat van ’n fyn balans tussen matige oefening, goeie eetgewoontes, voldoende rus en hanteerbare spanningsvlakke.

Die Pos-span het tot die slotsom gekom dat ware gesondheid inderdaad die mens se lewensgenot verhoog omdat die liggaam, verstand en gees optimaal funksioneer. 

Navorsing het ook getoon dat ’n gesonde persoon meer produktief is en langer in moeilike werksomstandighede kan fokus.

Die koerant se dinamiese span het ná afloop van die opleiding  opnuut besluit om in 2017 meer aandag aan hul gesondheid te gee. 

Goeie gesondheid beteken nie noodwendig om ure in die gimnasium deur te bring, die Argus te ry of aan die Comrades-marathon deel te neem nie. Mediese navorsing wys dat net 20 minute se oefening, soos ’n vinnige stapsessie vier of vyf keer per week ’n dramatiese verbetering in ’n mens se gesondheid teweeg kan bring.

Die Pos-span daag die koerant se lesers uit om in 2017 saam met hulle te belê in goeie gesondheid. Haal daardie stapskoene uit die kas, stof die fiets wat al maande lank in die motorhuis staan af, begin rolbal speel of sluit by ’n dansstudio aan en leer om die tango te dans.

Diegene vir wie gesondheid reeds ’n prioriteit is, kan gerus hierdie jaar probeer om iemand anders te motiveer om ook ’n belegging in hul gesondheid te maak.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories