HOOFSTORIES: •   Man in hof ná mesaanval   •   Huismoeder van kinderhuis in hof ná vuishou   •   Nuwe speaker en hoofsweep gekies   •   Massapatrollie verhoog sigbare polisiëring   •   Sirens blaring during police chase   •   Nuwe baadjie vir GPF   •   Inwoner sterf in vliegongeluk   •   Mookgophong in duister gelaat   •   Wees versigtig vir dodelike 'zombiedwelm'   •   Verdagtes verdwyn met vuurwapens   •   N-nommerplate nou onwettig op SA-paaie   •   Brief: Mugabe se bedanking welkom   •   Biblioteek kry groot skenking   •   Klein Hansies bedank vir prestasies
 

 
 

 

Geite en giere


   14 July 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 110   l   4 months ago  

 

Die M-Net-program, The Voice SA, het verlede Sondagaand, 9 Julie, op ’n hoë noot geëindig met die Kapenaar Craig Lucas wat as wenner uit die stryd getree het. Waterbergers het egter in groot getalle vir die Bela-Bela-musiekonderwyser, Johan “Fatman” Brümmer, gestem  wat saam met Lucas in die afrigter Kahn Morbee se span was. Meer as 1,6 miljoen stemme is die week voor die finale uitsending van The Voice SA getel. Drie van die sewe finaliste wat in die eindronde deelgeneem het, is vroeg “huis toe’ gestuur en die vier topdeelnemers was Samantha Leonard, Caroline-Grace Brüssow, Josh Ansley en Lucas. Op die foto deel Brümmer en Lucas ’n ligte oomblik tydens ’n vroeër opname van die program. Foto: Facebook


Alledaagse, vreemde en buitengewone dinge.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories