HOOFSTORIES: •   Man deur renoster aangeval   •   Gholflandgoed dorp se wit olifant   •   Hoës verskyn in hof   •   Jong skoolmeisie steeds vermis   •   Seuntjie (5) verloor vinger ná slangbyt   •   Munisipaliteit moet sake regruk   •   Slagoffer van plaasaanval sterk goed aan   •   Dorpsdam sorgwekkend leeg   •   Hoërskool kry nuwe hoof   •   Jagter agter slot en grendel   •   Groot fees vir Modimolle beplan   •   Skerp draai eis nog 'n lewe   •   Hoërskoolleerder wil Kaapstad help   •   Run and cycle for sports development
 

 
 

 

Geite en giere


   23 June 2017   l       l   Views: 127   l   7 months ago  

 

Hulp het die afgelope week uit ’n heel onverwagse oord vir Die Pos se bekroonde fotograaf, Herman Steyn, ingestroom. Steyn, wat al talle kere as die land se toppersfotograaf aangewys is en as een van die beste wildlewefotograwe in die land beskou word, was vroeër vanjaar in ’n motorongeluk en kan sedertdien nie sonder hulp loop nie. Hy moet ’n dringende heupoperasie ondergaan maar het nie ’n mediese fonds nie. Die veilingshuis Wildswinkel het tot Steyn se redding gekom en ’n geldinsamelingsveldtog vir hom en ander behoeftige instansies gehou. Mense kon hul hare afskeer en geld skenk vir dié saak. Steyn sê hy is nog nie seker hoeveel geld ingesamel is nie, maar hy is vol hoop dat hy dalk eersdaags geopereer kan word. Op die foto sit Steyn (voor met die kamera om sy nek) by van die Wildswinkel-personeel wat deel was van die projek. Foto: Verskaf

 


Alledaagse, vreemde en buitengewone dinge.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories