HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Naboom Fiësta om die draai


   29 March 2018   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 115   l   22 days ago  

 

Lianie May sal feesgangers tydens die Naboom Fiësta op Saterdag 31 Maart in Mook-gophong vermaak.


Van bakhuis tot spookhuis, van vetkoek en vleis tot kerrie-en-rys, van mampoerplesier tot wynkultuur.

Dit is hoe kleurryk die organiseerders van die jaarlikse Naboom Fiësta dié fees beskryf wat op Saterdag 31 Maart by die Hervormde Kerk op die dorp plaasvind.

Feesgangers sal vroeg uit die vere moet wikkel om te sorg dat hulle ’n kuiertafel kry op die groen gras-perk onder die lieflike annaboom. Die fees skop om  08:00 af. 

Die Naboom Fiësta is ’n familie-fees waar daar heeldag gekuier en besoekers met Bosveld-gasvry-heid verwelkom word.

Lianie May tree onder andere op as gaskunstenaar en sy kan volgens die orga-niseerders nie net mooi sing nie, maar is ook ’n “liefling” in die Bosveld. Juba — wat ’n lied vir die Naboom Fiësta geskryf het — sal saam met die Moonshine Blue-orkes sorg dat feesgangers heeldag vermaak word. Juba sal ook as seremoniemeester tydens die fees optree. 

Meer as genoeg beeste is spesiaal vetgemaak om te sorg dat elke feesganger die beste gehalte vleis teen ’n billike prys kan aankoop. Snitte vanaf R40/kg tot biltong vir R199/kg sal van die hand gesit word. 

Vir die kinders is daar ’n spookhuis waar hulle sal kan “blad skud” met die vriendelikste “spoke” in die dorp. Daar is ook laser-verfbal, spookasem en lekkers. 

Naboom Fiësta se klingel lui nie om dowe neute nie: Die Here bederf ons, sodat ons jonk en oud op 31 Maart ook kan bederf.” 

Toegang tot die feesterrein is gratis en mense kan ook op die Naboom Fiësta Facebook-blad gaan loer en al die opwinding ter voorbereiding van die fees meemaak.

Vir meer inligting of navrae bel vir Jan Claassen by tel. 084 4005 137.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories