HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Skool het groot planne vir Paasnaweek


   02 March 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 598   l   49 days ago  

 

Hoërskool Warmbad beplan tydens Paasnaweek ’n naweek van sielskos spesiaal vir mans en hul gesinne. Lede van die Manne wat glo-gospelgroep, bestaande uit Jan de Wet, Leon Ferreira, Dewald Gouws en Willie Joubert, sal ook optree.


Hoërskool Warmbad beplan om in aanloop tot Paasfees ’n naweek van sielskos vir die Bela-Bela gemeenskap aan te bied.

Die amptelike Paasspele sal op Vrydag 23 Maart afskop. Paul Liddle, skoolhoof, het aan Die Pos gesê hierdie naweekgeleentheid is ter voorbereiding vir Paasfees. Die doel van die spele is om vernuwing onder gesinne te bring omdat Paasfees die oorsprong van die mens se verlossing is.

“Die Paasspele gaan oor Jesus se dood wat die monopolie van Satan se greep gebreek het. Die Paasspele is die manier waarop ons dit vier,” het Liddle gesê. 

Die program begin op die Vrydag by die skool met ’n opvoering vir gesinne. Alles word gratis aangebied.

Die Manne wat glo-gospelsanggroep wat uit Dewald Gouws, Jan de Wet, Willie Joubert en Leon Ferreira bestaan, sal ook  by die naweek se verrigtinge betrokke wees.

Liddle het gesê die fokus sal op die mans van Bela-Bela val, maar ook op gesinne en enkellopendes wat eendag hul eie gesinne sal hê.

“Daar is ’n groot verantwoordelikheid op mans, want hulle is die hoof van die huis.”

’n Manne-ontbyt sal op Saterdag 24 Maart by Forever Resorts op die dorp gehou word waar mans kan hand skud, mekaar beter leer ken en mekaar moed inpraat.

’n Interkerklike erediens sal die Sondag by die skool gehou word. Liddle het gesê die diens word voorlopig vir 11:30 beplan sodat ander kerkdienste eers afgehandel kan word.

Die Sondag-erediens is veral daarop gemik om gesinne byeen te bring. Lede van die Manne wat glo-groep sal die diens waarneem.

“Ek bid regtig dat daar meer as 500 mense by hierdie naweekgeleentheid sal opdaag. As die saal te vol raak, skuif ons dit sommer na die skool se sportvelde toe,” het Liddle gesê.

Vir navrae oor die spele, kontak gerus die skool. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories