HOOFSTORIES: •   Skok ná nog ’n selfdood   •   Stropers loop hul vas   •   Sentrum wemel van polisie ná vals alarm   •   Goeie nuus vir Salusoord-inwoners   •   Leeustropers slaan weer toe in Vaalwater   •   Hoë tariewe reggestel   •   Rowers teiken weer winkel in hoofstraat   •   "Ons bring werksgeleenthede" sê myn   •   Diewe teiken hoërskool   •   Weg met mishandeling!   •   Tuinmaak is terapeuties   •   Burgemeester deel sukses-wenke   •   Atlete sweet tydens strawwe driekamp
 

 
 

 

Kranskopfees skud solank sy vere reg


   23 December 2016   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 229   l   7 months ago  

 

Franja du Plessis


Waterbergers moenie die Nuwejaar té veel energie verbruik nie — hou ietsie oor vir die gewilde jaarlikse Kranskopfees op Modimolle.

Dié fees word weer vroeg aanstaande jaar oor die naweek van 5-7 Januarie gehou en beloof baie pret en aktiwiteite.  

Die kunstenaars wat sal optree is Riana Nel, Snotkop, Franja du Plessis en die Campbells. 

Een van die fees se groot aantrekkingspunte is die fietsren. Die 2017 fietsry-kalender word afgeskop met die Van Heerden Kranskop Cycle Challenge wat op Saterdag, 7 Januarie, plaasvind. Dit is ’n uitdagende roete in ’n mooi Bosveld-omgewing. Die prysgeld van R55 000 maak dié rit aanloklik. Daar is ’n 109 km en 42 km ritte en dit kos onderskeidelik R250 en R150 om deel te neem.

Inskrywings vir die fietsuitdaging kan op 4 en 5 Januarie by Van Heerden Apteek Lynnwood in Lynnridge Mall in Pretoria voltooi word en op Vrydag, 6 Januarie, by Jimmy’s Cycles op Modimolle. Aanlyninskrywings kan by www.entersportsevents.co.za gedoen word. Vir meer inligting bel vir Marinda van der Walt by tel. 083 297 8842 of vir Shamus Kruger by tel. 061 583 5087.

Die mooiste meisie op die dorp sal tydens die Mej. Kranskopfees gekies word. Dit is oop vir ouderdomme van 6 -17 en ouer. Die beoordelaars is die sanggroep DZL en die tema is Summer Magic. Die kompetisie vind op die Saterdag om 11:00 plaas en inskrywings vind om 10:00 plaas. Vir inligting stuur ’n e-pos aan info@waltevents.co.za of skakel tel. 079 139 1028.

Daar word ook op dieselfde dag ’n baba- en kleuterkompetisie in die hooftent op die feesterrein aangebied. Inskrywings kan van 08:30 tot 09:00 gedoen word. Vir meer inligting bel vir Juanita by tel. 082 854 8762.

Naweekkaartjies vir die fees is by die Christelike boekwinkel in die Modi Mall, Ink It en by Creative Hair beskikbaar. Vir meer inligting skakel tel. 082 854 8764 of besoek www.kranskopdruiwefees.co.za(.)

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories