HOOFSTORIES: |
13 April 2018 l Ronél van Jaarsveld | l Views: 157 l 7 days ago |
Die Nylstroom-buurtwag, tesame met die Modimolle-polisie, APA-ambulansdienste en Jumas-sekuriteit, het Vrydagnag 6 April die dorp se strate deurnag gepatrolleer. Hier is ’n paar van die deelnemers.
Buurtwaglede het meer as 1 352 km gery en 185 uur bestee om Modimolle op Vrydag 6 April deurnag te patrolleer. AfriForum se Nylstroom-buurtwag, tesame met APA-ambulansdienste, Jumas-sekuriteit en lede van die Modimolle-polisie, het van 16:00 tot 06:00 die dorp platgery en met valkoë beloer vir verdagte optrede of mense. Marie Scheepers van die buurtwag het aan Die Pos gesê daar was ses voorvalle tydens hul patrollie wat gevalle van huismoles, dronkbestuur, dronk op straat en ’n alarm by ’n onderneming ingesluit het. James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, het bevestig dat hulle toenemend klagtes van huisbrake ondersoek. Hy het gewaarsku dat inwoners op hul hoede moet wees. Volgens James van Zyl, voorsitter van die plaaslike AfriForum-tak, is die patrollie deel van ’n landwye bewusmakingsaksie. Diegene wat graag deel wil word van die buurtwag, kan die voorsitter van die buurtwag, Riaan Holtzhausen, bel by tel. 072 871 1302. |
0 Comments