HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Derde inbraak by Swift Diesel-brandstofdepot


   06 April 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 329   l   14 days ago  

 

Die Swift Diesel-brandstofdepot buite Bela-Bela is vir ’n derde keer oor die laaste paar jaar deur boewe geteiken. Duisende rande is gesteel en groot skade is aangerig. Die gebou is die volgende dag geplunder aangetref. In die agtergrond bekyk ’n polisiebeampte die skade.


Daar is die afgelope naweek vir die derde keer by die Swift Diesel-brandstofdepot buite Bela-Bela ingebreek.

Dié depot, wat op die R101 na Modi-molle en regoor die Bela-Bela-township geleë is, loop jaar na jaar onder misdaad deur. Diewe het al voorheen duisende rande gesteel en ook duisende rande se skade aangerig.

André Cordier, eienaar, het aan Die Pos gesê daar word vermoed dat die inbraak tussen Sondag 1 April en Maandag 2 April, plaasgevind het. Hy en sy gesin was weg vir die langnaweek.

Hy het gesê die alarm het op ’n stadium afgegaan, maar die veiligheidsmaats-kappy wie se dienste hy gebruik, kon geen verdagte aktiwiteit opmerk nie. Die diewe het na bewering deur die onderneming se dak ingekom. 

Cordier het gesê die diewe het baie tyd gehad en het die kluis oopgesny, die hele alarmstelsel ontkoppel, al die rekenaars bymekaargemaak en elke waardevolle los item saam met hulle geneem. Selfs die sleepwa buite die gebou se wiele is gesteel en die kitsbank is oopgebreek. Die skade beloop meer as ’n R100 000.

Die onderneming is verseker. ’n Saak van diefstal is by die Bela-Bela-polisie geopen. Die ondersoek duur voort.

“Die depot dryf steeds handel, maar die stelsels en skade sal eers herstel moet word. Ons moet maar net sterk wees en wys dat dit dinge soos hierdie ons nie gaan onderkry nie,” het Cordier gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories