HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Voormalige eerste burger onskuldig


   06 April 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 82   l   14 days ago  

 

Voormalige burgemeester van Bela-Bela, Freddy Hlungwane.


Twee raadslede van die Bela-Bela-munisipaliteit se hofsake het weer verlede week in die Bela-Bela-landdroshof voorgekom.

Freddy Hlungwane, ANC-raadslid en voormalige burgemeester, is op Maandag 26 Maart onskuldig bevind nadat hy van aanranding aangekla is.

Hy is aangekla ná ’n beweerde onderonsie verlede Junie met twee mans, Lucas Thapedi Phala en Josias Ramalekana. 

Die mans het beweer Hlungwane het hulle met die dood gedreig.

Die hof het die klagte teen hom terug-getrek en Hlungwane is van die hofverrig-tinge verskoon.

Andries “Sello” Moswoeu, EFF-raadslid, sou op Dinsdag 27 Maart in die hof op aanklag van betreding verskyn het. 

Die munisipaliteit het hom aangekla nadat hy en ’n groep EFF-ondersteuners in Oktober verlede jaar munisipale grond op die Alma-pad buite die dorp probeer beset het. 

Moswoeu was egter nie teenwoordig by die laaste verskyning nie omdat hy glo weens gesondheidsprobleme in ’n staatshospitaal opgeneem is. Die munisipaliteit se regsverteenwoordiger wat die klag gelê het, was ook nie by die hof nie.

Hoewel daar vir Moswoeu verskoning gemaak is, het die hof steeds ’n lasbrief vir sy inhegtenisname goedgekeur. Dit is die tweede lasbrief wat vanjaar vir hom uitgereik is omdat hy nie hofsake teen hom bygewoon het nie.

Die hof het gehoor die lasbrief sal egter eers in werking tree indien hy nie vir die volgende verskyning op Dinsdag 24 April opdaag nie.

Die saak duur voort.

  • John Sesane, voormalige ANC-raadslid, se verhoor sou op Dinsdag 3 April weer voortduur.
    Hy is verlede jaar van roekelose en nalatige bestuur aangekla nadat sy voertuig en ’n minibustaxi in die township in ’n ongeluk betrokke was en mense beseer is. 
    Sesane het teen druktyd nog nie verskyn nie.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories