HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Ford bots teen ambulansmanne


   16 March 2018   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 224   l   35 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


’n Provinsiale ambulans en ’n Ford Drifter-bakkie was op Saterdag 10 Maart by die verkeerslig by die Bela-Bela Waterfront in ’n ongeluk betrokke. 

Die ongeluk het volgens die polisie teen ongeveer 08:55 gebeur.

Lt.kol. Abel Phetla, speurtak-hoof, het aan Die Pos gesê die ambulans was op pad na ’n ander ongelukstoneel toe die bestuurder in die Ford glo die rooi verkeerslig verontagsaam en in die ambulans vasgery het. Dié man is na wat verneem word van Gauteng.

Phetla het gesê die twee paramedici is lig beseer, maar die bestuurder van die Ford is ernstig beseer. Hy is na die Warmbad-hospitaal vir behan-deling geneem.

Die ambulans het geen pasiënte tydens die ongeluk vervoer nie en volgens Phetla word die saak ondersoek. Die kruising is berug vir die talle ongelukke wat daar plaasvind.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories