HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 


 
 

 

Misdadigers weer doenig


   16 March 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 82   l   35 days ago  

 


Die plaaslike veiligheidsvergadering het op Donderdag 8 Maart by die Bela-Bela-polisiestasie plaasgevind.

Die oggend het met die slegte nuus van die afsterwe van AO Tommy van Blerk begin.

’n Hartseer kol. Lindie Marx, stasiebevelvoerder, het die oomblik gebruik deur te sê dat Van Blerk se dood ’n groot leemte by die polisiestasie laat.

Hoewel misdaad in die omgewing vir Februarie baie laag was, het AO Tracy Swane-poel gesê dat daar ’n paar gewa-pende rooftogte op die N1-snelweg tussen die Mackenzie-brug (naby die Mantsole weegbrug) buite Radium en die Settlers-afrit (die R516-pad) plaasgevind het.

Die rooftogte het in die meeste gevalle tussen 18:30 en 02:00 plaasgevind, sodra mense langs die pad stilgehou het om ’n draai te loop of wanneer voertuie van die pad moes trek weens teg-niese probleme. 

Johan Mills, voorsitter van die Bela-Bela-belastingbetalersforum (BBTF), het gevra of dit moontlik is dat die plaaslike munisipaliteit borde al langs die roetes waar misdaad gereeld plaasvind, kan oprig met die nodige nood- en polisienommers op.

Mense wie se voertuie langs die pad gaan staan, moet vir hul eie veiligheid weg van hul voertuie af beweeg en hul selfone saamneem totdat hulle hulp kan vind, was Marx se raad. Daar is ook genoem dat die rowers vermoedelik in die bosse en by oorbrûe wag om toe te slaan.

Die polisie het gelukkig ook ’n paar deurbrake gemaak en verskeie verdagtes is onder meer vir diefstal en aanranding in hegtenis geneem. 

Marx het gesê mense moet versigtiger wees by die Bosveld- en Bela Mall waar ’n groep ver-dagtes mense in die winkels besteel sonder dat die slagoffers dit agterkom.

Daar is verdere kommer omdat die polisie dwelms soos fentaniel — bekend as “die arm man se heroïen” — met spuitnaalde in die openbare toilette by die Bosveld Mall gevind het.

Piet Burger van Galven-sekuriteit het gesê Coastal Hire in die dorp se sentrale sakesektor, is weer in Februarie geteiken. 

Verdagtes het glo seinblokkeertoestelle gebruik om die alarmstelsel te fnuik en het sodoende nauurs toegang tot die perseel gekry. Die verdagtes word steeds gesoek.

Die polisie het verder ook gewaarsku dat verkragtingsvoorvalle by die Bela-Bela-begraafplaas, asook in die bosse by die verkeerslig oorkant die Bela Mall, plaasgevind het en mense, veral vroue, moet hierdie plekke vermy.

Daar is ook ’n styging in misdaad in die Masakhane-omgewing in Radium, waar buitelanders na bewering huishoudings en mense teiken.

Die plaaslike gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) word tans hergestruktureer.

Harold Spencer van die Roodekuil, Turfbult en Langkuil-buurtwag (RTL) het gesê die plaaslike veiligheidsreaksieeenheid is amper op die been en buurtwagte en ander GPF-lede kan gerus daar inskakel om veiligheid in die omgewing te verbeter.

Die Bela-Bela Crime Support-buurtwag (BBCS) is ook weer besig om weekliks patrollie te ry.

Die polisie het verder planne om, in samewerking met die departement van ekonomiese ontwikkeling, op plaaslike winkels wat nie aan die wettige vereistes voldoen nie toe te slaan. 

Daar is tydens die vergadering gesê dat die munisipaliteit nie beheer het oor die hoeveelheid ongereguleerde ondernemings wat aanhoudend in die omgewing open nie en dat dit die weg baan vir verdere misdaad.

Die volgende veiligheidsvergadering vind op Donderdag 12 April om 10:00 by die polisie-stasie plaas.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories