HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Paartjie beseer ná plaasaanval


   09 February 2018   l   Lorrain Loots    l   Views: 256   l   13 days ago  

 

Berdus Henrico, ’n plaasbestuurder van die Melkrivier-omgewing, en sy verloofde, Estelle Nieuwenhuys, is tydens ’n plaasaanval beseer. Foto: Facebook


Parate inwoners was op Dinsdagnag 6 Februarie heelnag op die spoor van drie vermeende plaasaanvallers nadat ’n paartjie op ’n plaas in die Melkrivier-omgewing aangeval is. 

Die aanvallers het net ná 20:00 toegeslaan en Berdus Henrico, die bestuurder van ’n plaas in die omgewing, en sy verloofde, Estelle Nieuwenhuys, beseer. 

Chrisna van der Merwe, Henrico se suster, het teen druktyd aan Die Pos gesê die aanvallers het met ’n skroewedraaier, mes en ’n 9 mm-pistool in die huis gekom. Die naam van die plaas word om veiligheidsredes verswyg.

“Berdus het terugbaklei en een van die aanvallers hard geslaan.” Sy het gesê die aanvallers het op ’n stadium ’n vuurwapen teen haar broer se kop gedruk, maar kon nie die wapen oorgehaal kry nie. 

Hy is twee keer in die skouer geskiet en in die wang gewond. Nieuwenhuys se arm is enkele weke gelede gebreek en weer tydens die struweling beseer. Sy is skrams gewond. APA-ambulansdienste het gereageer en die paartjie na die F.H. Odendaal-hospitaal op Modimolle vervoer waar hulle gestabiliseer is. 

Die staatsambulans het hulle daarna na ’n hospitaal in Polokwane vervoer sodat die twee koeëls uit Henrico se skouer verwyder kan word. Teen druktyd was albei in ’n stabiele toestand, het Van der Merwe gesê. Volgens haar verduur haar broer erge pyn. “Hy het nie ’n mediese fonds nie en het dringend hulp nodig,” het sy bygevoeg.

Die aanvallers het, volgens diegene wat by die soektog betrokke was, te voet op die vlug geslaan met ’n televisie en ’n jagge-weer. 

Volgens Barend Pienaar van die Wasps-veiligheidsgroep, het die Wasps, Heritage Protection Group (HPG), Waterberg Game Rangers en veiligheidsgroepe van Lephalale dwarsdeur die nag na die verdagtes gesoek. “Baie mense was betrokke by die soektog,” het hy gesê. Toegangspaaie na Lepahalale, Thabazimbi, Mokopane, die tinmyne-pad, Mookgophong en Modimolle is afgesper, het Pienaar gesê.

Die soektog was teen Woensdagoggend 10:00 gefokus op ’n bergagtige gebied naby die T-aansluiting na Marken. 

  • Dié aanval het op dieselfde plaas gebeur waar die bejaarde dr. George Meyer en sy vriendin, Tersia Prinsloo, op 17 April 2015 aangeval is. Twee mans het hulle in die kombuis oorval en met ’n stok vol spykers geslaan totdat hulle hul bewussyn verloor het.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories