HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Nóg klagte teen polisiebeampte ná Valke-ondersoek


   09 February 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 134   l   13 days ago  

 


Die Valke-ondersoekspan het ’n miernes by die Pienaarsrivier-polisie oopgekrap.

Konst. Patrick Baloyi en sers. Andries Matlou van dié stasie het reeds vroeër vandeesmaand op klagte van bedrog en diefstal in die hof verskyn. 

Nóg ’n beampte, ’n adjudantoffisier, is ondervra, maar hy is vrygelaat, het Matim-ba Maluleke, provinsiale woordvoerder van die Valke, by navraag gesê. 

Baloyi en Matlou is op Woensdag 10 Januarie in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ’n voertuig op die N1-snel-weg afgetrek en ’n groot bedrag kontant in die voertuig gevind het.

Promise Funani, die man wat afgetrek is, beweer in ’n polisieverklaring die twee beamptes het R20 000 omkoopgeld van hom geëis en het hom eers laat gaan nadat hy hulle betaal het. 

Die beamptes het ook blykbaar gedreig om hom van geldwassery aan te kla.

Funani het glo die volgende dag ag-tergekom dat R210 000 uit sy voertuig vermis geraak het en toe die voorval aangemeld. 

Die Valke se ondersoek het tot die beamptes se inhegtenisname gelei. Hulle het op Donderdag 11 Januarie hul eerste verskyning in die hof gemaak.

Die beamptes is op borgtog vrygelaat en moet weer op Vrydag 23 Februarie in die hof verskyn.

Baloyi het op Vrydag 2 Februarie alleen in die Bela-Bela-landdroshof op verwante aanklagte verskyn omdat hy by nóg ’n voorval betrek word. Hy staar nou twee klagte van bedrog en diefstal in die gesig. Die bykomende saak is ook na Vrydag 23 Februarie uitgestel wanneer hy op die ander klagte sal verskyn. Hy is op waarskuwing vrygelaat.

Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag gesê sodra enige beampte in hegtenis geneem word, word die beampte outomaties geskors hangende die ondersoek.

* Die Valke het op Woensdag 1 Februarie twee ander beamptes in Mahwelereng en Mokopane in hegtenis geneem op klagte van korrupsie. 

Die beamptes, onderskeidelik 31 en 32 oud, verskyn ook binnekort in die hof op Mokopane. 

Die waarnemende nasionale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdade, lt.genl. Yolisa Matakata, het sy kommer uitgespreek oor die aantal wetstoepassers wat daarvan verdink word dat hulle misdade pleeg.

Luidens ’n verklaring van die polisie is altesame 92 amptenare van verskeie regeringsinstansies regoor die land sedert 1 November 2017 deur die Valke in hegtenis geneem.

Dit sluit 28 polisiebeamptes, 45 verkeers-beamptes, ses amptenare van die depar-tement van binnelandse sake en van verskeie ander regeringsinstansies, asook munisipaliteite in. 

Altesame 34 van die 45 verkeersbeamptes wat aangekeer is, is van Limpopo, het die verklaring gelui.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories