HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Hofsaak teen Petersen-drie weer uitgestel


   02 February 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 1143   l   20 days ago  

 

Cecil (83) en Pattie (73) Petersen.


Die forensiese verslag oor die aanval en moord op Cecil (83) en Pattie (73) Petersen van Bela-Bela is steeds nie by die hof ingedien nie.

Die Petersen-egpaar is in September verlede jaar op hul plaas, TNT Trading, buite Bela-Bela aangeval. Vier gewapende mans het die egpaar na bewering die oggend oorval terwyl hulle ontbyt geëet het. Pattie is in die gesig en Cecil in die maag geskiet. Pattie is op die toneel oorlede. 

Cecil is na ’n Pretoriase hospitaal geneem, maar het ses weke ná die aanval gesterf.

Die polisie het drie verdagtes — Piet Mathebula, Mpho Nico Nkonyana en Tshe-po Tebula — in Kanana, Hammanskraal, deur middel van ’n gesteelde selfoon wat aan een van die plaaswerkers behoort het en op die toneel gesteel is, opgespoor. ’n Handwapen is glo ook by een van die verdagtes gevind.

Die vierde verdagte word steeds gesoek.

Die drie verdagtes is aangekla van moord, aanranding, roof met verswarende omstan-dighede en die besit van ’n onwettige vuur-wapen en ammunisie. Die poging tot moord-klag op Cecil is reeds na moord verander, is vroeër in die hof gehoor.

Nkonyana verskyn op ’n afsonderlike aan-klag vir die besit van ’n gesteelde selfoon. Die hof het gehoor dat nie een van die drie enige vorige veroordelings het nie, maar daar is ander hofsake teen hulle aan die gang.

Mathebula was nie tydens die laaste verskyning teenwoordig nie omdat hy elders op nog aanklagte teen hom moes verskyn. Die saak is uitgestel na Vrydag 23 Febru-arie vir verdere ondersoek. Die verdagtes bly in aanhouding. 

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories