HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

EFF-raadslid daag nie by hof op


   02 February 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 122   l   20 days ago  

 

Sello Moswoeu saam en sy ondersteuners. Foto: Justin Steyn


’n Lasbrief vir die inhegtenisname van Andries “Sello” Moswoeu, EFF-raadslid van Bela-Bela, is die afgelope week deur die Bela-Bela-landdroshof goedgekeur nadat Moswoeu versuim het om by die hof op te daag.

Moswoeu moes op Vrydag 26 Januarie in die Bela-Bela-landdroshof verskyn, maar daar was geen teken van hom of sy regs-verteenwoordiger nie.

Die Bela-Bela-munisipaliteit het Moswoeu einde verlede jaar van betreding aangekla nadat hy en ’n groep EFF-ondersteuners glo munisipale grond op die Alma-pad buite die dorp probeer beset het. Hy het glo die besettingsaksie georganiseer.

Die EFF het hul aksie ’n paar dae ná die besetting gestaak en ’n ander stuk privaat grond in die Spa Park-omgewing buite die dorp beset.

Landdros Gerrit Olivier het ’n lasbrief vir Moswoeu se inhegtenisneming goedgekeur. Die saak is na Vrydag, 9 Februarie, uitgestel.

Die lasbrief vir sy inhegtenisneming sal eers in werking tree indien Moswoeu nie by die volgende verskyning teenwoordig is nie. 

Moswoeu het tydens openbare verga-derings en ook tydens onderhoude aan Die Pos gesê hy het die besetting georganiseer om die behuisingsnood in die omgewing op te los. Hy het gesê indien inwoners grond sien wat geskik en beskikbaar is vir mense om daarop te woon, moet hulle dit “vat”.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories