HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Raadslede verskyn weer in hof


   19 January 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 81   l   4 months ago  

 

Andries “Sello” Moswoeu van die EFF (foto) het op ’n klagte van betreding in die hof verskyn saam met ANC-hoofsweep, Henriëtta Ledwaba op aanklagte van crimen injuria.


Die twee raadslede van Bela-Bela wat in Desember toevallig op dieselfde dag op verskillende aanklagtes in die Bela-Bela-landdroshof verskyn het, het albei verlede week weer vlugtig in die hof verskyn.

Raadslede Andries “Sello” Moswoeu (EFF) het op ’n klagte van betreding verskyn terwyl Henriëtta Ledwaba (ANC-hoofsweep) op aanklagte van crimen injuria verskyn het.

Moswoeu is deur die munisipaliteit se regsafdeling van betreding aangekla nadat ’n groep EFF-ondersteuners in Oktober munisipale grond direk langs ’n goed ontwikkelde woonbuurt op die Alma-pad buite die dorp probeer beset het. 

Hy het na verneem word die besetting georeël.

Dié optrede het tot hewige woordewis-selings en vurige vergaderings tussen inwoners en politici op die dorp gelei. Dit het onder meer ook daartoe gelei dat vrae oor talle grondtransakies op Bela-Bela by die parlement in Kaapstad ingedien is.

Die Bela-Bela-munisipaliteit het amptelik verskoning gevra vir Moswoeu se optrede, aangesien hy ’n raadslid is. Die EFF het sedertdien dié besettingsaksie gestaak en op grond in Spa Park begin plak.

Moswoeu het op Woensdag, 10 Januarie, in die hof verskyn. Die hof het die saak na Vrydag, 26 Januarie, uitgestel om te bepaal of daar met die saak voortgegaan sal word of nie.

  • Ledwaba is daarvan aangekla dat sy glo in die teenwoordigheid van getuies ’n rasverwante uitlating oor ’n sekere vrou gemaak het.

    Ledwaba, wat op Vrydag, 12 Januarie, verskyn het, se saak is na Vrydag, 9 Februarie, uitgestel vir getuies en die begin van die verhoor.

    Die raadslede is nie in aanhouding nie.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories