HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Valke neem polisielede in hegtenis


   19 January 2018   l   Andries van der Heyde    l   Views: 195   l   36 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Twee polisiebeamptes van Pienaarsrivier het self met die gereg te doen gekry toe hulle op Woensdag, 11 Januarie, deur die Valke in hegtenis geneem is weens klagtes van bedrog en diefstal.

Volgens die polisie het lede van die Valke se ernstige korrupsie- en misdaadeenheid ’n sersant en konstabel van onderskei-delik 39 en 40 jaar oud in hegtenis geneem ná ’n voorval op die N1-snelweg. Volgens die polisie se inligting het die twee ’n voertuig op die N1 naby Pienaarsrivier afgetrek, deursoek en ’n onbekende aantal kontant in die voertuig ontdek.

Die beamptes het glo die motorryer ge-dreig dat hulle hom van geldwassery sal aankla as hy hulle nie R20 000 gee nie. Dit is nog onduidelik wat daarna gebeur het.

Die man het glo later besef dat R210 000 uit sy voertuig vermis geraak het en hy het ’n saak teen die beamptes geopen, het die polisie in ’n verklaring gesê.

Die beamptes het hul eerste verskyning op Donderdag, 11 Januarie, in die Bela-Bela-landdroshof gemaak. Die saak is na Dinsdag, 16 Januarie, uitgestel wanneer hulle ’n borgaansoek gaan bring.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories