HOOFSTORIES: •   Inwoners vies oor vullis in veld   •   Waterkrisis dreig op Mookgophong   •   Polisievrou beseer in ongeluk   •   Groot skade by onderneming ná brand   •   Vroue byna op trein wat bots   •   Hou diere koel op warm dae   •   Unieke skaapras onder die hamer   •   Nuwe baadjie vir begraafplaas   •   Korrupte polisielede in hegtenis   •   Voer op trok vat vlam   •   Leiers reg vir uitdagings
 

 
 

 

Sakke vol dagga op dorp gevind


   15 December 2017   l   Carina Bester    l   Views: 1231   l   37 days ago  

 

Die polisie het op Maandag, 4 Desember, 17, 3 kg dagga by huise op Mookgophong gevind. Op die foto hou die lede wat betrokke was by die klopjag op Mookgophong die vonds vas.


Die polisie in Limpopo het verlede week verskeie klopjagte uitgevoer en op groot hoeveelhede dwelms beslag gelê.

Sewe verdagtes tussen die ouderdomme 35 en 46 is op Modimolle, Mookgophong en Bela-Bela in hegtenis geneem vir die handel en besit van dwelms. 

Volgens lt.kol. Moatshe Ngoepe is daar beslag gelê op altesame 101 pakkies tik (CAT), ’n Mercedes Benz wat vermoedelik tydens ’n misdaad gebruik is, asook drie sakkies metamfetamien (crystal meth) met ’n straatwaarde van R200 000. 

Volgens ao. James Findlay, woordvoerder van die polisie op Modimolle, het die openbare orde polisie op Maandag, 4 Desember, tydens ’n misdaadvoorko-mingsklopjag 17,3 kg dagga by huise op Mookgophong gevind. 

“Ons het inligting ontvang dat daar by sekere huise dagga is en nadat ons verskeie huise deursoek het, het ons 12,4 kg dagga gevind, ” het Findlay gesê. Hulle het ook 4,9 kg dagga by die vol-gende huis wat hulle deursoek het, gevind. Volgens Findlay is twee verdagtes wat in hegtenis geneem is in die huise betrap waar hulle besig was om die dagga te verpak.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories