HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Twee raadslede van Bela-Bela in hof


   08 December 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 269   l   5 months ago  

 

Twee Bela-Bela-raadslede, Andries “Sello” Moswoeu (EFF) en Henriëtta Ledwaba (ANC), het vandeesweek op dieselfde dag in die Bela-Bela-landdroshof op verskillende klagtes verskyn. Op die foto is EFF-ondersteuners saam met Moswoeu (links) buite die hof nadat hy weens betreding verskyn het.


Twee raadslede van die Bela-Bela-munisipaliteit het op Dinsdag, 5 Desember, kort ná mekaar in die Bela-Bela-landdroshof op verskillende klagtes verskyn.

Andries “Sello” Moswoeu, EFF-raadslid, het op aanklag van betreding verskyn ter-wyl Henriëtta Ledwaba, hoofsweep van die munisipale raad (ANC), asook voormalige burgemeester, in die hof verskyn het nadat sy ’n vrou glo in November ’n skelwoord toegesnou het, is in die hof gehoor. Ledwaba is na verneem word van crimen injuria aangekla. 

Moswoeu is in Oktober deur die munisipaliteit se regsafdeling aangekla nadat hy en EFF-ondersteuners munisipale grond op die Alma-pad buite die dorp probeer beset het. Die EFF het egter dié besetting gestaak en daarna privaat grond in die Spa Park-omgewing beset.

Die voorval waarby Ledwaba betrokke was, het glo in November in die teenwoordigheid van ooggetuies plaasgevind, is in die hof gehoor.

Dit was albei raadslede se eerste verskyning op dié aanklagtes.

Moswoeu se saak is uitgestel na Woensdag, 10 Januarie. 

Hy het aangedui dat hy om regshulp sal aansoek doen. Ledwaba het egter gesê dat sy haar eie verdediging sal behartig. Haar saak is uitgestel na Vrydag, 12 Januarie, vir verdere ondersoek.

Albei is gewaarsku om die volgende hofdatum by te woon, anders word ’n lasbrief vir hul inhegtenisname uitgereik.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories